Vuurwarm afspraak by Tony Rust
Baanrenne
Windhoek-motorklub gaan op 22 en 23 September ’n reusebyeenkoms met meer as 70 deelnemers van Suid-Afrika en Angola by die Tony Rust-renbaan buite die hoofstad aanbied.
Die Ford & Friends-organiseerders stuur 44 klassieke en klubmankarre uit Suid-Afrika, terwyl Angola met 15 voertuie tot die massiewe Speed Festival bydra. Op die plaaslike front gooi Namibiërs hul gewig met 20 of meer inskrywings by.
Derek Jacobs, sekretaris-generaal van die Namibiese Motorsportfederasie, het aan Republikein gesê: “Weens my betrokkenheid by motorsport oor vele jare in Suid-Afrika, ken ek natuurlik die mense van Ford & Friends persoonlik.
“Hulle was die afgelope tyd bedrywig met byeenkomste by Killarney in Kaapstad, Oos-Londen se Aldo Scribante en die Zwartkops-renbaan in Pretoria. Hulle het my genader en gevra of ons nie sal belangstel om ’n Ford & Friends-byeenkoms aan te bied nie.
“Vinnig-vinnig is ’n organiserende komitee ter plaatse op die been gebring en die wiele het begin rol. Die kompetisie gaan so groot wees dat die deelnemers reeds die Vrydag kwalifiseringsrondtes gaan ry en die Saterdag sal die kompetisie vroeg moet begin.”
Richard Slamet, voorsitter van Windhoek-motorklub, sê: “Op die Saterdag gaan dit ’n behoorlike Speed Festival-kompetisie tussen die drie nasies wees. Die planne is agtermekaar en Namibiërs kan intussen die datum van die byeenkoms opsy sit om watertand aksie te beleef.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie