Vroue-Eagles vandag in finaal
Krieket
Gisternamiddag se naelskraapse glips teen Uganda beïnvloed nie Namibië se topposisie op die punteleer nie en die Capricorn Eagles sal vanmiddag by die United-veld in die finaal teen Uganda se vroue op die veld stap.
Wilka Mwatile, met 27 van 34 aflewerings en een paaltjie vir 13 lopies, het by United opnuut haar waarde onderstreep. Sy was die afgelope week in drie van die Capricorn Vroue-Eagles se oorwinnings as speler van die wedstryd aangewys.
Uganda se draaibalboulers het die Namibiërs gister vir die tweede keer in hul Capricorn Internasionale Viernasies T20-toernooi met mening vasgeknoop.
Hoewel Namibië danksy die boulers reeds etlike kere uit verloorsituasies ontsnap het, was dit gister nie die geval nie.
Die Eagles (77/7 in 20 boulbeurte) het gekies om eerste te kolf. Uganda (79/6 in 18.4) het hulle met puik boulwerk gesmoor en daarna ’n sege met vier paaltjies beklink.
Mwatile se onoorwonne 27* en Adri van der Merwe met 21 was die Eagles se enigste dubbelsyfers met die kolf teen boulers soos Consy Aweko met 2/16 in vier boulbeurte en Irene Alumo (2/10 in 4). Sarah Akiteng (1/18 in 4) en Janet Mbabazi (1/15 in 4) was ewe dodelik met die bal in die hand.
Uganda was wel op 29/5 ná 9.4 bb in die knyp. Maar Kevin Awino (28), Immaculate Nakisuuyi (20*) en Aweko (11*) het seker gemaak die wentelling word in 18.4 bb vir ’n welverdiende sege geslaan.
Vir Namibië het Irené van Zyl (3/19 in 4), Mwatile (1/13 in 3.4) en Didi Foerster (1/13 in 3) paaltjies geneem. Kayleen Green het net 0/6 in vier boulbeurte afgestaan.
Die Verenigde Arabiese Emirate en Hongkong sal sake vanoggend vir die derde plek uitspook.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie