Vroue-Eagles knap in eerste sege
Krieket
Die gasheerspan se eerste twee wenpunte is op die bord.
Die Capricorn Eagles het gister min moeite ondervind om Hongkong met 60 lopies te verslaan vir hul eerste oorwinning van die Capricorn vierhoekige internasionale T20-vrouekriekettoernooi.
In die twee vrouespanne se eerste internasionale ontmoeting is Namibië ingestuur om eerste te kolf en het 116 vir ses in hul toegelate 20 boulbeurte behaal. Die besoekers kon hierteenoor net met 56 almal uit in 18.4 bb antwoord.
Adri van der Merwe met 41 nie uit nie van 40 balle (2x4, 2x6) was Namibië se voorste lopiemaker, nadat sy as kolwer vyf op 45/3 ná 8.6 bb ingestap het.
Sy is ondersteun deur Yasmeen Khan (20 van 27 b, 3x4), Kayleen Green (16) en Arrasta Diergaardt (16).
Vir Hongkong het Maryam Bibi drie paaltjies vir 27 in drie boulbeurte platgetrek. Iqra Sahar, Alison Siu en Mariko Hill het elk een slagoffer bewerkstellig.
Hongkong se meeste lopies het van Hill (11), Yee Shan To (9) en Ruchitha Venkatesh (8) gekom.
Die naatbouler Wilka Mwatile is as speler van die wedstryd aangewys vir ’n puik vertoning van 3/10 in 4 boulbeurte. Kayleen Green (3/11 in 4) het ewe veel grootste skade aangerig en Vicky Hamunyela (2/14 in 4), Irené van Zyl (1/8 in 3.4) en Suné Wittmann (1/2 in 1) was ewe ekonomies op die aanval.
Die Hongkong-kolwers kon net drie viere en een ses na die grenstou jaag, terwyl die Eagles nege viere en drie sesse aangeteken het. Hongkong staan agt ekstras af en Namibië tien.
• In die oggendwedstryd het die Verenigde Arabiese Emirate (120/6 in 20) vir Uganda (70/10 in 18.3) met 50 lopies geklop.
Die Emirate pak Hongkong in die enigste wedstryd vir die dag.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie