No Image Caption

Volgende drama teen Karnataka

Die Indiese streekspan Karnataka en die Namibiese Richelieu Eagles lewer Woensdag die nuutste aflewering van hul dramatiese Castle Lite-eendagreeks, met die ontmoeting vanaf 09:30 by die Unitedveld in Olympia.

Die reekstellings is tans een-elk, nadat die Indiërs Vrydag met nege paaltjies die eerste trefhou geslaan het.

Sondag het die speler van die wedstryd Michael van Lingen (foto) met 104 van 85 balle (7x4 5x6) saam met Niko Davin (70), Stephen Baard (57), Gerhard Erasmus (91) en die onoorwonne Jan Frylinck en Zane Green egter briljant gekolf nadat die Namibiërs 360 as teiken moes jaag en met vyf paaltjies gewen het met net een bal oor. Foto Krieket Namibië

Kommentaar

Republikein 2025-12-14

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer