Vivo het planne met marathon deur stad
Padwedlope
Die Vivo Energy Windhoek-marathon wat op Saterdag 29 Julie sal plaasvind, is gister amptelik by die Zoo-park in die hoofstad bekendgestel.
Die totale prysgeld van N$150 000 sal vir die marathon en halfmarathon op die spel staan. Vivo Energy sal binnekort meer besonderhede bekendmaak.
Edward Walugembe, besturende direkteur van Vivo Energy Namibië, het by die bekendstelling gesê: “Dis vir my ’n plesier om Vivo vandag te kan verteenwoordig. Aangesien dit ons eerste organisering van ’n padwedloop is, hoop Vivo dat dié marathon ’n jaarlikse instelling gaan word.
“As hoofborg is ons trots om ’n saak te ondersteun wat die gesondheid, welstand asook gemeenskapsbetrokkenheid en maatskaplike verpligtinge bevorder.
“Ons borg die byeenkoms omdat ons in die belangrikheid van vennootskappe glo. As ’n maatskappy streef ons daarna om ’n positiewe impak te maak in die gemeenskappe waar ons bedrywig is.
“Die inisiatief sou nie sonder die ondersteuning van die Windhoek munisipaliteit moontlik wees nie, asook ons tegniese vennoot Finish Time en die sportklubs wat vandag hier verteenwoordig word nie.
"Ons sien uit na ’n opwindende en suksesvolle marathon en ons is trots om deel van hierdie wonderlike gemeenskap te wees.”
Magdalena Lambardt, onderburgemeester van Windhoek, het gesê: “Ons is geëerd dat die opbrengste van hierdie wedloop aan die Windhoek Residents Mayoral-trust geskenk sal word. Dit sluit aan by van Vivo se verkose temas, naamlik onderwys, die omgewing, gesondheid, innovasie en padveiligheid.
“Kom ons neem die leiding en vorm saam ’n eenheid, bevorder gesonder leefstyle en dra by tot die maatskaplike welstand van ons medemens. Ek het die volle vertroue dat die Vivo-marathon ’n dawerende sukses gaan wees en een om jaarliks na uit te sien.”
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie