Vinnigste vrou op water

Heidi Ulrich van Switserland het die afgelope naweek die vroue- wêreldspoedrekord vir seilplankry op Lüderitz gebreek. Sy het Zara Davis se vorige rekord van 46,49 knope twee keer verbeter en met 47,16 knope geëindig. Met dié spoed is sy die vinnigste vrou oor 500 meter op ‘n seilplank ter wêreld. Die Lüderitz Speed Challenge het Sondag tot ‘n einde geloop. Ulrich het gister gesê: “ Ek het die eerste keer in 2019 in Namibië deelgeneem en vir die volgende twee jaar hard geoefen. Die wind het op 25 November sterk gewaai en ek het die wêreldrekord twee keer in vyf minute gebreek. Ek is ongelooflik trots op myself en dat ek nooit my droom laat vaar het nie.” Foto Jaco Wolmarans

Kommentaar

Republikein 2023-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer