Veterane klop SA elftal
Krieket
Namibië is uit die blokke met ’n goeie oorwinning op dag een van die Afrikabeker-kriekettoernooi vir veteraanspanne van 40-plus, nadat hulle gister in Pretoria met sewe paaltjies oor die Suid-Afrikaanse uitnodigingspan gerol het. Die RSA-span is in 36.1 boulbeurte vir 136 uitgeboul, met drie paaltjies elk vir Hendrik Geldenhuys (3/24 in 9), Pieter Meuwesen (3/31 in 7) en Asad Abbas (3/17 in 6), terwyl die ander boulers ook ekonomies was. Namibië het Riaan de Wit vir 0 verloor, maar Johan Nel (25), Norbert Manyande (64* van 91 balle, 10x4)) en Duane Viljoen (31* van 38 b) het hul kant gebring. Namibië speel vandag teen Suid-Afrika, wat gister met ’n allemintige 210 lopies (275/6 teen 65/9) teen Zimbabwe gewen het. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie