Vera se Epic-brons wen veld vir Namibië

Bergfietsry
Andrew Poolman
Die profiel van Namibiese bergfietsry is in Europa verder verhoog deur Vera Looser en haar spanmaat Kim Le Court (Mauritius) se bronsposisie in die gesogte Absa Swiss Epic.

“Ons het so ’n goeie week gehad en ek was so gelukkig om Kim as my spanmaat te hê. Sy was wonderlik en ons het baie goed saam gery, met baie gelyke kragvermoëns,” het Looser gister gesê.

“As Kim se fiets nie op die tweede laaste dag ’n tegniese probleem gehad het nie, kon ons selfs sterker vir die tweede posisie op die algehele klassifikasie meegeding het.

“Om die vyfde en laaste skof te wen en aan die bopunt van die podium te staan, was ook baie lekker. Die vorige dag se skof (die langste in die geskiedenis van die toer) is boonop in erge koue en reënweer beslis en die ryers was vir meer as vyf ure in die saal, maar

“In die geheel is dit egter so ’n wonderlike byeenkoms met puik organisering en die kompetisie was ook lekker sterk.

Die topvier vrouespanne in die toer was:

1 Bettina Janas en Adelheid Morath (beide Duitsland) 20:48:16.

2 Janina Wüst (Switserland en Debora Piana (Italië) +15 minute 34 s.

3 Vera Looser (Namibië) en Kim Le Court (Mauritius) +36 minute 10 s.

4. Alessia Nay en Antonia Bünter (beide Switserland) +2 ure 15 minute.

Looser was gister reeds op reis na komende naweek se Ötztaler Bike Marathon in Oostenryk, ’n eendaagse enkelskof padresies oor 240 km met 5 500 klimmeters.

Die marathon-wêreldkampioenskap middel September in Denemarke is ook in haar visier.

• Looser se man, Konny, het met Namibië se Tristan de Lange as sy spanmaat die toer in die 14de posisie afgesluit.

JUNIORS WYS VORM

Die Namibiese groepie by laas naweek se Switserse Bekerbyeenkoms in Basel het ondanks onvleiende eindposisies gewys dat hulle inderdaad goed op dreef is.

Groot getalle ryers op ’n meestal smallerige roete maak resiese in hierdie reeks ’n redelik chaotiese spulletjie. Ryers wat sonder genoegsame punte op die wêreldranglys met ’n wegspringposisie in die agterste groepe begin, het dus ook weinig geleentheid om ooit hul posisie tot naby die voorpunt op te werk.

Hans du Toit, die nasionale fietsry-afrigter, sê in die seuns onder 17-resies was Sean Lowe en Roger Surén 12de en 13de.

“Op die laaste baanrondte was Roger nog saam met nog twee voorlopers in die resies, maar dit was ’n ongelooflike modderige dag en hy moes toe omtrent vier keer stop om sy ketting terug te plaas.

“By die junior mans het Kevin Lowe goed weggespring en was in die stadium so rondom die tiende posisie, maar het bietjie geïsoleer geraak en 22ste klaargemaak. Dis steeds baie goed, met 122 ryers van meer as twintig lande in die resies, insluitend die meeste van Switserland.

“Daniel Hahn het minder goed weggespring en was vroeg 83ste en het van daar af opgang gemaak en omtrent 55ste klaargemaak.

“Die roete vir Alex Miller se elite mansresies was nogal vreemd en het twee baanrondtes op ’n perderesiesbaan ingesluit. Die bottelnek toe die klomp ryers by ’n klein hekkie moes uitry, het hom tot in die 60’s laat terugsak. Hy het nietemin in die oorblywende drie rondtes teruggeveg en ongelooflik sterk geëindig (23ste).

“Ek is baie beïndruk met al ons ryers se vorm. Hulle het gewys hulle verdien blootstelling op ’n vroeër ouderdom aan sulke kompetisies.

“Ek dink Monique du Plessis was omtrent die jongste in die elite vroueresies en is net-net voor die laaste baanrondte verbygesteek en uitgehaal, wat verhinder het dat sy kon klaarmaak. Sy het op ns besoek aan Switserland met rasse skrede vooruit gegaan en daar is nog baie ruimte om vorentoe te bou.”

• Du Toit en sy landgenote het intussen reeds na die Franse vakansieoord Les Gets gereis waar die UCI wêreldkampioenskap vir bergfietsryers komende Saterdag en Sondag beslis word.

Miller en Hugo Hahn sal in die mans o.23-resies meeding; Steffi Grossmann is daar vir die afdraandresies en Daniel Hahn en Kevin Lowe tussen die junior mans.

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%