Vera in wêreld se toptien
Bergfietsry
Vera Looser se sewende posisie by gister se marathon-bergfietsresies by die UCI wêreldkampioenskap in Glasgow, asook Alex Miller se 30ste posisie was beide briljante vertonings.
Oor die afstand van 108 en modderige, reënerige toestande wat meer in die Europeërs se kraal val, het die twee Namibiërs vegtende vertonings gelewer.
Afrigter Hans du Toit sê dit was ’n goeie dag vir Namibië in beide die elite resiese. “Alex is nog baie jonk in so ’n ongelooflike sterk veld waar ’n top-30 posisie werklik betekenisvol is. Net die Suid-Afrikaners Alan Hatherly (20ste) en Matt Beers (22ste) was voor hom van die Afrika-ryers.
“Albei het ook uitstekend teruggeveg, nadat hulle insinkings in die middelste gedeelte van die afstand beleef het. Vera was in ’n stadium elfde en Alex was 35ste, voordat hulle met sterk eindpogings weer verskeie opponente verbygesteek het.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie