VAE bêre wisselvallige Eagles

Krieket
Tielman van Lill
Die breintrust van die Namibiese Eagles het gewis in die afdae heelwat om oor te besin ná hul senutergende nederlaag gister teen die Verenigde Arabiese Emirate in Dubai.

Die Eagles (206/8) het hul tweede internasionale eendagwedstryd in die ICC Wêreldbeker Liga 2-toernooi by die ICC-ovaal, met drie paaltjies (47.1 boulbeurte) teen die Emirate (207/7) verloor.

Elkeen van die drie spanne (Oman is die derde) het nou een gewen en een verloor.

In ’n stowwerige Dubai het ’n besonder sterk oggendwind sou die Namibiërs se vroeë kolfwerk enige Eagles-ondersteuner tot raserny dryf. Die vennootskap van 115 lopies tussen Jan Frylinck en David Wiese om die agtste paaltjie was die enigste hoogtepunt van die kolfbeurt.

Met agt boulbeurte verstreke was Namibië op 25 sonder enige verlies, maar 14 beurte later (22ste) het die Eagles angelloos tot 53/6 teruggesak. Net danksy Wiese en Frylinck se geduld en talent om aan hul vyftigtalle te bou, kon die Eagles ’n verdedigbare totaal opstel.

JJ Smit se giftige eerste boulskof met die nuwe bal om vier paaltjies vir 12 lopies in vyf boulbeurte in te oes, was uitmuntend. Die boulwerk tussen die 20ste en 47ste boulbeurt was egter sonder deurdringing en 150 lopies is teen 5.55 per beurt afgestaan.

Nadat die VAE hulle op 53/6 ná 19.2 boulbeurte in diep waters bevind het, het die 144-lopievennootskap tussen nommer sewe en agt Basil Hameed en Kashif Daud hul telling met oortuiging tot 201/7 gevoer.

Ná Smit se linkerarm snelboulverwoesting kon die Eagles-naatboulers van die einde van die 20ste tot in die 46ste boulbeurt nie ’n paaltjie inoes nie.

Die gasheerspan het 16 grenshoue en viere sesse geslaan, teenoor Namibië se 13 viere en een ses.

Gerhard Erasmus, die Eagles-kaptein, het tydens veldwerk dieselfde regterringvinger beseer wat hy tydens verlede jaar se T20 Wêreldbeker gebreek het, toe dit volgens hom in die gras vasgesteek het. Volgens hom sal die volgende dae ’n uitslag oor die erns moet lewer.

Erasmus het agterna gesê: “Dis teleurstellend om te verloor nadat ons in beheer van die wedstryd was. Met die kolfblad is niks verkeerd nie. Dit is wel groen, maar goed voorberei.

“Ons boulers het nie die regte lyn asook lengte gehandhaaf nie en het aan die Emirate ruimte gegee om lopies te slaan. Ons topkolwers sal ook ’n manier moet vind om vennootskappe te bewerkstellig.

“Om elke keer ’n reddingspoging te moet lewer, is nie rêrig hoe ons wil speel nie. In elke toernooi bly jou strewe om die perfekte vertoning bymekaar te sit.”

• So is die lopies in elke 10 boulbeurte aangeteken:

1–10: Namibië (26 lopies, twee paaltjies, 26/2), VAE (32 lopies, twee paaltjies 32/2).

11–20 Namibië (22 lopies, twee paaltjies, 48/4), VAE (25 lopies, vier paaltjies, 57/6).

21–30 Namibië (35 lopies, twee paaltjies, 83/7), VAE (50 lopies, 107/6).

31–40 Namibië (41 lopies, 124/7), VAE (58 lopies, 165/6).

41–50 Namibië (82 lopies, een paaltjie, 206/8), 41–47.1 VAE (42 lopies, een paaltjie, 201/7).

NAMIBIË se telkaart

1 Stephen Baard (12 lopies, 25 balle, 1x4, geboul Zahoor Khan).

2 Craig Williams (11, 31 b, 2x4, gevang Vriitya Aravind †, geboul Junaid Siddique).

3 Michael van Lingen (1, 12 b, gevang Aravind †, geboul Khan).

4 Gerhard Erasmus (10, 24 b, geboul Ahmed Raza).

5 Karl Birkenstock (2, 10 b, b.v.p., geboul Khan).

6 Smit (7, 22 b, gevang en geboul Rohan Mustafa).

7 Nicol Loftie-Eaton† (16, 21 b, 1x4, uitgehardloop Chirag Suri/Raza).

8 David Wiese (67, 84 b, 4x4, 1x6, gevang Mustafa, geboul Siddique).

9 Jan Frylinck (57*, 70 b, 5x4).

10 Ruben Trumpelmann (1*, 1 b).

Ekstras 22 (2 loslopies, 3 bylopies, 17 wydlopers)

Totaal: 206/8 in 50 bb (4.12 per boulbeurt)

Val van paaltjies: 1/25 (Baard, 8.4 boulbeurte), 2/26 (Williams, 9.4), 3/28 (Van Lingen, 12.5), 4/30 (Birkenstock, 14.3), 5/49 (Smit, 20.2), 6/49 (Erasmus, 21.2), 7/83 (Loftie-Eaton, 29.1), 8/198 (Wiese, 49.3).

Die VAE se boulsyfers: 1 Siddique (2/37 in 10 boulbeurte, 2 leeg). 2 Khan (3/44 in 10, 2 leeg). 3 Raza (1/38 in 10). 4 Mustafa (1/27 in 7).

DIE EMIRATE se telkaart

1 Chirag Suri (12, 24 b, 2x4, gevang Loftie-Eaton †, geboul Smit).

2 Muhammad Waseem (6, 25 b, gevang Loftie-Eaton †, geboul Wiese).

3 Vriitya Aravind (19, 28 b, 3x4, gevang Loftie-Eaton †, geboul Smit).

4 Chundangapoyil Rizwan (0, 3 b, b.v.p., geboul Smit).

5 Asif Khan (4, 9 b, 1x4, geboul Smit).

6 Rohan Mustafa (3, 25 b, geboul Tangeni Lungameni).

7 Basil Hameed (62, 75 b, 4x4, gevang Smit, geboul Frylinck).

8 Kashif Daud (76*, 86 b, 5x4, 4x6).

9 Ahmed Raza (5*, 8 b, 1x4).

Ekstras 20 (3 bylopies, 17 wydlopers)

Totaal: 207/7 in 47.1 bb (kolftempo 4.38).

Val van paaltjies: 1/28 (Aravind, 7.4), 2/32 (Rizwan, 9.1), 3/37 (Suri, 11.1), 4/38 (A. Khan, 11.3), 5/51 (Waseem, 18.2), 6/53 (Mustafa, 19.2), 7/201 (Hameed, 45.2).

Namibië se boulsyfers: 1 Smit (4 vir 36 in 10, 1 leeg). 2 Wiese (1/27 in 10). 3 Tangeni Lungameni (1/27 in 5). 4 Frylinck (1/50 in 8, 1 leeg). 5 Trumpelmann (0/32 in 9.1). 6 Birkenstock (0/11 in 2). 7 Van Lingen (0/6 in 1). 8 Loftie-Eaton (0/15 in 2).

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%