Tweespalt in suksesvolle drietal?
Atletiek
Die vet is in die vuur sedert Maandagaand se aanvanklike sprake dat Namibië se lieflingnaellopers en Olimpiese finaliste, Beatrice Masilingi en Christine Mboma, voortaan nie meer deur hul mentor mnr. Henk Botha afgerig sal word nie.
’n Oënskynlik openbare toutrekkery oor die twee hoëprofiel 19-jarige naellopers het ontstaan sedert die mediaverklaring van hul agent, Bradley Agnew van Newton Sports Agency in Pretoria, dat Masilingi en Mboma voortaan deur die 65-jarige Hennie Kriel van Pretoria afgerig sal word.
Amptelike verklarings of direkte antwoorde van die twee tienerjariges was gister nog weerhou, hoewel die klaarblyklike aanduidings is dat Masilingi dit wel sterk oorweeg om na nuwe weivelde aan te beweeg.
Die verwikkelinge het plaasgevind terwyl die duo vir bykans die afgelope maand in Suid-Afrika vir mediese behandeling was. Masilingi en Mboma het kort ná mekaar tydens wedlope in Botswana en Nairobi beserings opgedoen.
Die aanloklike beheer oor die geldsake van die twee atletieksterre en oefenmaats wat verlede jaar die atletiekwêreld aan die brand gehardloop het nadat hulle die vorige seisoen nog nooit buite hul geboorteland gehardloop het nie, word sedert gister in die openbare oog as die motief voorgehou van die agentskap se beweging om Botha van die twee atlete te skei wat die afgelope jare in sy huis op Grootfontein gewoon het.
Meningsverskille oor geld wat glo verdwyn het, ’n beweerde bedrieglike mediaverklaring, onetiese optrede en integriteit wat bevraagteken word, is nou moontlik net die oortjies van die seekoei van die nuutste verwarrende dispuut waarin Mboma en Masilingi hulle nou bevind en waarvan die einde nog lank nie gehoor is nie.
Meer besonderhede op ons sportbladsy 8.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie