No Image Caption

Twee uit Afrika deur na Wêreldbeker

Die deurlopende hoë standaard wat die Richelieu Eagles op en van die veld gehandhaaf het, is deur hul kaptein Gerhard Erasmus geprys ná afloop van gister se laaste wedstryddag van die ICC T20 Wêreldbeker-uitduntoernooi vir Afrika. Die spanne van Namibië (onoorwonne) en Uganda (tweede) het die beskikbare plekke opgeraap om in Junie 2024 by die T20 Wêreldbeker in die VSA en Wes-Indië te gaan meeding. Dit sal Namibië se derde opeenvolgende verskyning wees, terwyl die insette van die uitgetrede Namibiese speler Craig Williams as hul hoëprestasiekonsultant ook tot Uganda se debuutkwalifikasie bygedra het. Meer op bladsy 8. Foto Tielman van Lill

Kommentaar

Republikein 2025-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer