Tura Magic afgekeur vir CAF-kompetisie
Sokker
Met diepe hartseer en ’n swaar hart moes Tura Magic-sportklub gister aankondig dat sy nasionale kampioenspan nie in die Konfederasie van Afrika-sokker (CAF) se Kampioeneliga vir Vroue ingesluit is nie, ondanks hul merkwaardige triomf in die FNB Namibië Superliga.
Die aanvanklike uitduntoernooi sal volgende maand in Durban plaasvind.
Die sperdatum vir registrasie vir die CAF-toernooi was 31 Mei 2023 en dit is algemeen bekend dat die Vroue Superliga eers ’n maand later klaargemaak het.
Onder afrigterskap van Shama Gure het Tura Magic die Suplerliga vir vroue die derde opeenvolgende jaar gewen.
“Ons het die Namibië Sokkervereniging betrek om CAF te benader om ons laat registrasie vir die CAF Kampioeneliga goed te keur. Ons versoek is egter nie aanvaar nie,” het Tura Magic gister bevestig.
“Ongelukkig, ondanks ons beste pogings om met sokkerowerhede in gesprek te tree en ons span te laat registreer nadat ons die binnelandse ligatriomf behaal het, is die versoek vir laat registrasie afgekeur en dus is ons hoop verpletter, wat ons met diepe teleurstelling laat.
“Ons vra opreg verskoning aan ons spelers wie se onwrikbare toewyding en vasberadenheid deur die seisoen niks minder as ontsagwekkend was nie.
“Jul oorwinnings op die veld het nie net jul besonderse talent ten toon gestel nie, maar het ook as inspirasie gedien vir aspirerende vrouespelers oraloor ons land.
“Ons bied ook ons verskoning aan die hele Namibiese nasie aan. Die oorwinning in die Namibië Vroue Superliga was ’n bewys van die ontembare gees van ons spelers en ’n weerspieëling van die geweldige talent wat in ons land teenwoordig is.
“Ons begryp die waarde van die ondervinding wat ons spelers in ’n internasionale toernooi sou opdoen en ons glo vas dit sou aansienlik tot die groei van vrouesokker in Namibië bygedra en ons nasionale span se vermoëns versterk het.
“Ten spyte van die hartseer, sal ons nie moedeloos wees nie. Ons oorweeg aktief alternatiewe om te verseker dat ons spelers ’n kans het om in mededingende wedstryde te speel, hul vaardighede verder te slyp en hul groei voort te sit.”
Die klub sê hy bly onwrikbaar in sy verbintenis tot die ontwikkeling van vrouesokker.
“Ons spelers bly ons prioriteit, en ons sal geen steen onaangeroer laat om aan hulle geleenthede te bied om hul talent op ’n wêreldverhoog ten toon te stel nie.
“Ons bedank graag ons ondersteuners, borge en weldoeners vir hul onwrikbare steun, entoesiasme en volgehoue geloof in ons, wat ’n dryfveer agter ons prestasies was.
“Terwyl ons ná dié terugslag ons pad vorentoe navigeer, belowe ons om onvermoeid te werk om meer geleenthede vir vrouesokker in Namibië te skep en ons reis na uitnemendheid voort te sit.
“Tura Magic sal sterker uit hierdie ervaring kom. Ons sal aanhou veg, aanhou groei en aanhou grense verskuif.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie