Torsten vind volgende tuiste
Rugby
Binne dae ná die afhandeling van Namibië se deelname aan die Wêreldbekertoernooi is aangekondig dat die haker Torsten van Jaarsveld hom by ’n nuwe klub gaan aansluit.
Die 36-jarige veteran was reeds sedert 2018 by Aviron Bayonnais (algemeen bekend as Bayonne) en het sedertdien al die ligbloues se avonture in hierdie periode beleef, waarin hulle soms in die tweede vlak van die professionele spel in Frankryk meegeding en die Pro D2 gewen het vir bevordering om (soos tans) in die Top 14 mee te ding.
Van Jaarsveld se kontrak met Bayonne is nie hernu nie, maar die Pro D2-klub Stade Montois het hom op ’n bystandsgrondslag vanweë beserings aan sy huidige hakers betrek.
Stade Montois, wat normaalweg in geel en swart truie speel, het dié week hul nuwe aanwins op sosiale media bevestig. Die klub is tans vyfde op die Pro D2 se puntelys van 16 spanne (ná ses wedstryde elk).
As ’n bewese topklas haker met drie Wêreldbekers vir Namibië agter die blad (Engeland 2015, Japan 2019 en Frankryk 2023), meer as 15 seisoene as ’n beroepspeler by onder meer die Pumas en die Vrystaat-Cheetahs, asook ’n vlot spreker van die Franse taal, kan verwag word dat Van Jaarsveld by Stade Montois van groot waarde kan wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie