Toerspan na PNG sal moet werk vir punte

Krieket
Andrew Poolman

Die Namibiese krieketspan het die naweek die lang reis van meer as 13 000 kilometer na die eilandstaat Papoea-Nieu-Guinee aangepak, waar hulle van komende Donderdag af in ’n driehoekige reeks begin speel waarvan die VSA ook deel is.

Hoofafrigter Pierre de Bruyn is intussen herenig met Albie Morkel as hulpafrigter, terwyl die jonger Morkel-broer Morné op ’n konsultasie-grondslag sy werk met die boulers voortsit.

“Albie en Morné sal ook betrokke wees by ons veldtog vir die T20 Wêreldbeker (volgende maand in Australië), onderskeidelik as kolf- en boulkonsultante,” het Krieket Namibië se uitvoerende hoof, mnr. Johan Muller, bevestig.

“Dis hoekom hulle ook nou die span op hierdie toer vergesel, om tyd saam te kan bestee en te verseker hulle het genoeg agtergrond oor die spelers om die Wêreldbeker te kan benader. Morné was reeds tevore betrek toe ons in Meimaand in Zimbabwe getoer (en die T20-reeks gewen) het,” sê Muller.

Die Eagles se taak dié week is deel van die 2019-2023 Wêreldbeker Liga 2-reeks van eendagkrieket, wat deel van die kwalifiserende pad na volgende jaar se Wêreldbeker in Indië is.

Eendagwedstryde teen die VSA (komende Donderdag en Saterdag) is die eerste hekkies in die pad van kaptein Gerhard Erasmus en sy span. Volgende Maandag en Woensdag speel hulle teen die gasheerland.

Die Amerikaners is tans die beste geplaas (derde, 29 punte ná 29 wedstryde) in die reeks van sewe spanne, ná die voorloper Oman (44 punte ná 36 wedstryde) en Skotland (40 ná 28 wedstryde).

Namibië het tans 17 punte ná 20 wedstryd, met die sukkelende PNG in die sewende plek met net drie punte ná 21 wedstryde.

In gister se openingswedstryd in Port Moresby het PNG en die VSA op dramatiese wyse gelykop gespeel. Die VSA het eerste gekolf en was tot 34/4 uitgedun voordat vyftigtalle deur Kaskaran Malhotra (53 van 44 balle) en Gajanand Singh (58 van 90 balle) hulle gehelp het om 205 te haal voordat almal ná 47 boulbeurte uitgeboul is.

PNG se kaptein Assad Vala (40 van 52 balle) en Sese Bau (70 van 96) het die lopiejaagtog op koers probeer hou. Voor die laaste boulbeurt het die gasheerspan net nog drie lopies kortgekom, maar twee paaltjies het geval en hul totaal (205 almal uit) was net genoeg vir ’n gelykopuitslag.

DIE EAGLES-TOERSPAN

Gerhard Erasmus (kaptein), JJ Smit (onderkaptein), Divan la Cock, Stephen Baard, Lo-han Louwrens (paaltjiewagter), Zane Green (paaltjiewagter), Michael van Lingen, Nicol Loftie Eaton, Jan Frylinck, Ruben Trumpelmann, Pikky Ya France, Bernard Scholtz, Tangeni Lungameni, Ben Shikongo.

TERUGKEER Ná 2016

Namibië het in 2016 ook in Port Moresby getoer en beide eendagwedstryde, asook ’n vierdagwedstryd in die destydse Interkontinentale Beker verloor.

Stephen Baard, Zane Green, JJ Smit, Jan Frylinck en Bernard Scholtz is die oorblywende lede wat steeds aktief krieket speel, terwyl Craig Williams verlede week finaal uitgetree het. Sarel Burger was destyds die nasionale kaptein, met Nicolaas Scholtz, JP Kotzé, Gerrie Snyman, Wian van Vuuren en Colin Peake die ander spanlede.

In die eerste eendagwedstryd het Namibië 273/4 opgestel (Williams 109 van 89 balle, Wian van Vuuren 60 van 98), maar kon PNG nie weerhou om met 274/5 te antwoord nie.

In wedstryd 2 het Namibië opnuut eerste gekolf (212 almal uit), met Stephen Baard (54 van 56 balle) en Nicolaas Scholtz (61 van 88 balle) wat vyftigtalle behaal het. Dit was egter opnuut tevergeefs toe PNG met 12 balle oor die wenlopies behaal het (213/4).

In die vierdagwedstryd het Namibië nog erger gesukkel (146 en 155) en met 199 lopies teen die eilandspan (311 en 189) verloor.

SELFVERTROUE

Die Namibiërs het egter Woensdag en Vrydag hul voorbereiding goed afgesluit deur die eendagwedstryde teen die Lahore Qalandars by Wanderers met twee-nul te beklink.

Die aanvangskolwer Lo-han Louwrens was Vrydag die speler van die wedstryd met 94 lopies van 92 balle (8x4 1x6). Nicol Loftie-Eaton het ook later op dreef gekom met 46 van 56 balle (4x4) wat die tuisspan se totaal tot 259 almal uit (49.1 bb) aangehelp het.

Die Qalandars is hierna vir 176 uitgeboul, wat Namibië met 83 lopies laat wen het. Pikky ya France se draaiboulwerk het hom vier paaltjies (4/34 in 9.3) besorg, nadat Tangeni Lungameni (1/37 in 8) en Bernard Scholtz (2/25 in 9) die aanvanklike deurbrake gemaak het.

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Sassuolo 0 vs 2 Cagliari | Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City F1: Emilia Romagna GP First:Max Verstappen Red Bull 01:25:25 Second:Lando Norris McLaren + 00:00:00.725 Third:Charles Leclerc Ferrari + 00:00:07.916 Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 9° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 14° | 29° Windhoek: 12° | 26° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 20° | 36° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 07:06, High tide: 13:28, Low Tide: 19:06, High tide: 01:31 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:04, High tide: 13:26, Low Tide: 19:04, High tide: 01:29 Walvis Bay: 22° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SE, Low tide: 07:04, High tide: 13:25, Low Tide: 19:04, High tide: 01:28 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 18° | 30° Aranos: 15° | 29° Lüderitz: 16° | 35° Ariamsvlei: 18° | 32° Oranjemund: 13° | 33° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 11° | 26° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 8° | 24° Antananarivo: 15° | 22° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 20° | 27° Windhoek: 12° | 26° Cape Town: 14° | 21° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 13° | 25° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%