Toernooi by Vegkop verg stamina
Skolerugby
’n Feestelike atmosfeer van kompeterende o.19-skolerugby is vanaf vandag gewaarborg wanneer vier Suid-Afrikaanse toerspanne sake teen vier van Namibië se gerekende rugbyskole kom uitspook.
Dag een van die Momentum Jeugrugby uitnodigingstoernooi begin vanmiddag by Windhoek Hoërskool se Vegkopstadion, maar dis net die begin van vier wedstryde in vier dae vir die betrokke skole.
Die toegangsgeld beloop N$30 per dag. Stalletjies vir braaivleis en roomys, koffie of biltong sal ook help om enige hongerte te verdryf.
Die rugbystamboek van Paarl Boys High, wat sy o.19 derde span stuur, het geen bekendstelling nodig nie, terwyl HTS Middelburg en Upington se Hoërskool Saul Damon ook nie naastenby ligtelik opgeneem kan word nie.
Die vierde toerspan verteenwoordig die Uxi-sportakademies, wat takke in onder meer die WP, Griekwas, die Vrystaat en Mpumalanga het.
VANDAG
15:00 Samsung WHS tn HTS Middelburg.
16:35 Schoemans-groep Windhoek Gimnasium tn Paarl Boys High.
18:10 HTS Windhoek tn HS Saul Damon (Upington).
DINSDAG
14:00 HTS Windhoek tn UXi Uitnodigingspan.
15:35 Autohaus Windhoek Affies tn Paarl Boys High.
17:10 Schoemans-groep Windhoek Gimnasium tn HTS Middelburg.
WOENSDAG
15:00 Samsung WHS tn HS Saul Damon.
16:35 HTS Windhoek tn HTS Middelburg.
17:10 Autohaus Windhoek Affies tn UXi Uitnodigingspan.
DONDERDAG
15:00 Schoemans-groep Windhoek Gimnasium tn UXI Uitnodigingspan.
16:35 Autohaus Windhoek Affies tn HS Saul Damon.
18:10 Samsung WHS tn Paarl Boys High.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie