Swiss Epic kan ook by Looser se prestasies tel
Bergfietsry
Kim le Court van Mauritius en Vera Looser van Namibië is besig om hulself as ’n wêreldklas kombinasie in bergfietsry se skofresiese te bewys.
Die 27-jarige Le Court en 29-jarige Looser het tot gister reeds die eerste, tweede en derde skofte van die Absa Swiss Epic ingepalm, oor die afstande van onderskeidelik 51 km, 81 km en 58 km.
In die oranje truie as voorlopers van die elite vroueresies het die span (Elysator Efficient Infinity Insure) gister se derde skof rondom St. Moritz oor ’n afstand van 58 km, met 2 100 vertikale klimmeters, opnuut oorheers.
Met hul wentyd van 3 ure 36 minute het Looser en Le Court hul voorsprong boaan die algehele klassifikasie tot 14 minute voor die Duitse kombinasie Adelheid Morath en Bettina Janas laat aangroei. Die voorlopers het ná dag een reeds elf minute onder die twee Duitsers uit gery.
Katarzina Sosna (Litaue) en Irina Lützelschwab (Switserland) beklee steeds die derde plek, hoewel hulle met ’n agterstand van bykans 35 minute waarskynlik nie hul eindposisie sal kan verbeter nie.
Die vyfdaagse Swiss Epic se laaste skof is môre, met Looser en Le Court op koers om die goud in te palm nadat hulle verlede jaar derde ná die triomfantelike Duitse paar klaargemaak het.
Die Namibiër en die Mauritiër het in Maart vanjaar met hul oorwinning by die Absa Cape Epic ook reeds groot opspraak gewek.
Looser woon deesdae in Switserland saam met haar man Konny, ’n ewe gedugte bergfietsryer wat teen gister saam met sy landgenoot Fadri Barandun in die vyfde posisie in die elite mansresies was. Die voorlopers in die mansresies is Marc Stutzmann (Switserland) en Martin Stosek (Tsjeggië).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie