Swakopmund propvol sportaksie
Vakansiegangers en toeriste kan uitsien na 'n opwindende feestyd in Swakopmund. Buiten die branders, braaivleis, koel seebries, sonskyn en samesyn met familie en vriende, word talle konserte, Kersetes, markte, feeste en sportgeleenthede aangebied. Erongo Talk se span is gereed om hul regstreekse uitsending van die @team.flippy Minaqua Open Water Splash vanaf die Swakopmund Mole te bring. Die regstreekse uitsending begin om 07:50, aangesien die soloswem om 8:00 begin, gevolg deur die spanswem om 9:00 en die kinders se pretswem om 9:30. Die prysuitdeling sal om 10:00 by die Mole plaasvind met soloswemmers wat hoop om prysgeld van N$5 000 in die sak te steek. Foto Frida Molotho


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie