Sukses bly ontwyk Eagles op Nepal-toer
Krieket
Ondanks 'n belowende begin het die Namibiese aanslag teen Skotland gister opnuut ontspoor.
Nog ’n frustrerende nederlaag, ná ’n kolfineenstorting oënskynlik teen die verloop van die spel, het Namibië se Richelieu Eagles tot ’n vierde agtereenvolgende nederlaag verdoem waarmee hul moeilike toer na Nepal gister afgesluit is.
Namibië – gelei deur die linkerarm-snelbouler Ruben Trumpelmann en ’n akkurate vertoning van draaiboulwerk deur die ervare Bernard Scholtz (wat net 1/24 in 10 boulbeurte afgestaan het) – het in Kirtipur goed gevaar om Skotland tot 221 almal uit te beperk.
Ondanks die feit dat Trumpelmann uiteindelik aan die verloorkant was, is hy as speler van die wedstryd aangewys ná sy vyf paaltjies vir 30 lopies in 9.4 boulbeurte – sy beste boulsyfers in ’n eendaagse internasionale wedstryd en die tweede vyfpaaltjie-oes van sy loopbaan in dié formaat.
Tangeni Lungameni (2/58 in 10 boulbeurte) het in die eerste boulbeurt van die wedstryd toegeslaan en Kyle Coetzer verwyder vir ’n nulletjie met ’n vangskoot deur paaltjiewagter Zane Green.
Trumpelmann het hierna die paaltjies van Liam Naylor (geboul vir 20), Matthew Cross (geboul vir 16), Michael Leask (geboul vir 29) en Chris Greaves (geboul vir 14) bygevoeg voordat hy sy vyfde slagoffer gekry het toe Shaun Fouché ’n vangskoot op die grens van Mark Watt se kolf af vasgehou het om die Skotse beurt te beëindig.
Skotland se voorste lopiemaker vir die dag, Christopher McBride (47 van 75 balle), is deur Lungameni uitgevang van die boulwerk van Pikky ya France, wat 1/25 in 5 boulbeurte geneem het.
KOLFBEURT VERLOOR KOERS
In antwoord hierop het Namibië, wat vir die eerste keer op hierdie toer die loot gewen en gekies het om eerste te boul, ’n stewige begin aan hul lopiejaagtog gemaak.
Karl Birkenstock is vroeg verloor (b.v.p. op 7) en die eendag-debutant Shaun Fouché is agter die paaltjies uitgevang vir 10 met Namibië op 52/2 na 11.5 boulbeurte.
Nogtans het Lohan Louwrens voortgegaan om ’n vyftigtal aan te teken en met Gerhard Erasmus wat 43 van 38 balle bygedra het (vier viere, twee sesse), was die Eagles gunstig geplaas om die Skotse houvas in onlangse ontmoetings te verbreek.
Die verlies van Louwrens (gevang en geboul deur Michael Leask) vir 52 van 67 balle (6x4) was egter die domino wat die Namibiese aanslag begin kantel het.
Nadat hulle tot op 112/2 ná 21.2 boulbeurte voortgeseil het, het Namibië vir Louwrens verloor en daarna vir Erasmus drie boulbeurte later – uit met ’n puik vangskoot laag bo die gras deur Brandon McMullen.
Skotland het aangehou om belangrike deurbrake te maak onder die nuwe aankomelinge by die kolfblad en het uiteindelik die laaste agt Eagles-paaltjies vir net 78 lopies uitgeknikker.
Zane Green, die laaste hoop vir die kolfbeurt, is op 25 van 40 balle van ’n veeghou na die bykant uitgevang; Namibië was op 178 almal uit en verloor die wedstryd met 43 lopies.
DUBAI LÊ VOOR
Erasmus het in sy TV-onderhoud agterna die feit betreur dat sy span ongelukkig nie die oënskynlik bereikbare totaal kon haal nie, ná een van hul beter boul- en veldwerkvertonings van die toer.
Die Namibiese toeriste beweeg nou aan na die Verenigde Arabiese Emirate, waar hulle Donderdag en Saterdag vandeesweek in twee eendagwedstryde teen die tuisspan te staan kom.
Nadat hulle misluk het om enige ligapunt by te voeg (uit die potensiële agt) vanweë twee nederlae elk teen Nepal en Skotland, is die Eagles onder groter druk as ooit om vas te klou aan hul uiters belangrike derde plek op die ICC Wêreldbeker Liga Twee puntelys.
Hul rampspoedige toer tot dusver het die deur oopgehou vir beide Nepal en die VAE om Namibië te kan verbysteek.
UITGEDUN
Fouché het gister sy eerste speelkans gekry nadat Michael van Lingen siek geword en die laaste twee wedstryde misgeloop het.
Met Jan Frylinck, uitgeslape naatbouler en ook ’n kolfstaatmaker, op die krukkelys, JJ Smit wat ook met ’n kniekwaal moes tuisbly en David Wiese onbeskikbaar vanweë die Pakistan Superliga, moet Krieket Namibië inderhaas besin of hulle moontlik ’n plaasvervanger na Dubai sal moet invlieg.
Joshuan Julius van CCD Tigers is tans speler nommer 12 en die enigste ongebruikte fikse toerlid sover.
HUIDIGE STAND
Die stand van die sewe lande in die ICC Wêreldbeker (2019-2023) is soos volg.
Die finale topdrie lande (ná hul maksimum van 36 wedstryde elk) dring deur na die kwalifiserende toernooi (Junie-Julie in Zimbabwe) vir die 2023 Wêreldbeker (Oktober-November in Indië), terwyl die onderste vier eers nóg ’n hindernis in hul pad kry.
1 Skotland (wen 24 uit 35), 50 punte.
2 Oman (wen 21 uit 36), 44 punte.
3 Namibië (wen 18 uit 34 wedstryde), 37 punte.
4 VSA (wen 16 uit 36 wedstryde), 35 punte.
5 Verenigde Arabiese Emirate (wen 12 uit 26 wedstryde), 27 punte.
6 Nepal (wen 11 uit 27 wedstryde), 24 punte.
7 Papoea-Nieu-Guinee (wen 2 uit 28 wedstryde), 5 punte.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie