Stormers dis feesrugby op teen Bulle
Verenigde Rugbykampioenskap
Vooraf is die Stormers as kwesbaar gereken, maar die Kapenaars het Vrydagaand sonder ’n gros van hul voorste spelers die Bulle verbasend maklik met 37-27 in hul wedstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap in die DHL-stadion in Kaapstad geklop.
Die wedstryd was met die rustyd op ’n meskant, maar in die 15 minute daarna is die Bulle met drie drieë deur die Stormers planke toe gestuur. Joseph Dweba, Suleiman Hartzenberg en Leolin Zas het die drieë gedruk wat die Bulle tot inhaalrugby verdoem het.
Dit was ’n merkwaardige wending, gegewe hoe gelyk sake in die eerste helfte verloop het.
Die Stormers het die eerste kwart oorheers, maar die momentum het mettertyd in die eerste helfte in die Bulle se guns geswaai.
’n Mens kon selfs sê dat die rustydtelling van 13-13 ’n oorwinning in die kleine vir die Bulle was. Hulle moes 20 minute van die eerste helfte met 14 man speel nadat Marco van Staden én Elrigh Louw met geel kaarte gestraf is.
Van Staden was regop in ’n duikslag toe sy kop Dan du Plessis s’n getref het, terwyl Louw ’n dryfmaalbeweging van die Stormers neergetrek het toe hulle op pad na die Bulle se doellyn was. Hiervoor is ’n strafdrie aan die Stormers toegeken.
Die Stormers het nietemin die meeste van hul vroeë oorheersing gemaak met Manie Libbok (losskakel) wat die bal twee keer deur die pale gejaag het.
Ná die strafdrie was dit 13-3 in die Stormers se guns.
Maar eerder as om die dolk dieper te druk was dit die Bulle wat beheer geneem het.
Harold Vorster het deur ’n gaping in die Stormers se andersins hegte verdediging geglip en oomblikke later het Nizaam Carr van Johan Goosen se dwarsskop af afgerond.
Goosen het twee minute voor rustyd met sy tweede strafdoel geslaag om dit 13-13 te maak.
Die Stormers het in die doodsnikke van die eerste helfte ’n gulde geleenheid op punte verbrou. Libbok kon die bal deur die pale gejaag het om aan hulle die voorsprong te gee, maar hulle is hoek toe en die Bulle het daarin geslaag om die lynstaanbal te gaps.
Wat het John Dobson, die Stormers se afrigter, met rustyd vir sy spelers gesê? Elke sportsielkudige sal wil weet.
Dweba, skitterend vir die Stormers, is weerbarstig deur die Bulle se verdediging vir die drie wat aan die Stormers weer die voortou gegee het. ’n Minuut later was dit Hartzenberg se beurt vir ’n asemrowende drie wat sy oorsprong in die Stormers se kwartgebied gehad het. Net toe Kapenaars dink dit kan nie beter nie, het Leolin Zas van die kantlyn af na binne gesny om die Bulle se verdediging te klop. Pot, stel en wedstryd.
Daar was wel nog baklei in die Bulle en drieë deur Van Staden en Bismarck du Plessis het darem ’n bietjie politoer aan die telbord vir hulle gesmeer.
• Puntemakers:
Stormers 37 (13): Drieë: Strafdrie, Joseph Dweba, Suleiman Hartzenberg, Leolin Zas. Doelskoppe: Manie Libbok (3). Strafdoele: Libbok (3).
Bulle 27 (13): Drieë: Nizaam Carr, Marco van Staden, Bismarck du Plessis. Doelskoppe: Johan Goosen (2),Chris Smith. Strafdoele: Goosen (2).
– Netwerk24
KYK die hoogtepunte:
https://www.youtube.com/embed/BwIQyWs2Ryk

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie