Sternagels op Afrika-podium

Moto-cross
As gasheerland het Suid-Afrika die kontinentale skouspel oorheers, maar Namibië het wel sy oomblikke gehad.
Tielman Van Lill
Die Afrika Sone 7 Moto Cross-kampioenskap het Saterdag naby Kaapstad afgeskop en toe die stof gister gaan lê, het Namibië vierde uit tien lande geëindig.

Suid-Afrika (728 punte) was die wenners, met Zimbabwe (384) tweede, Zambië (233) derde en Namibië (206) vierde.

Ryers van Botswana, Kenia, Lesotho, Madagaskar, Maritius en Uganda het in die koue en nat weer tot die vuurwarm aksie bygedra.

Saterdag is slegs een resies in elk van die agt klasse gejaag. Twee renne het gister gevolg om die Sone 7-kampioene in elke klas te bepaal.

Namibië se Mark Sternagel en Uwe Sternagel het Saterdag goed gevaar om albei derde in hul onderskeie klasse te eindig. Mark het in die topklas (MX 1) gejaag, terwyl Uwe sy staal in die veterane-afdeling gewys het. Uwe het algeheel derde in sy klas geëindig.

Mark het gister in die tweede resies twee deurslaggewende foute begaan en van derde tot sesde afgeskuif, voor hy teruggeveg het om vierde te eindig.

In die derde ren was hy weer aan die voorpunt, voor hy opnuut vierde geëindig het.

In MX 1 het Namibië het ook ’n tweede plek vir spanne behaal, met 49 punte teen die wenners Suid-Afrika (109) en Zambië (derde met 24).

In die 85 cc-klas het die Namibiese spanne ’n algehele derde plek behaal en in die Veterane-afdeling ’n algehele tweede posisie.

Ingo Waldschmidt, die spanbestuurder, sê Rigo Wolf wat in die 125 cc-klas gejaag het, het aan die einde van sy wedren ’n slegte val beleef en harsingskudding opgedoen.

“Rigo het sleg getuimel en is nie deur die medici vrygelaat om sy kompetisie voort te sit nie. Mark het driekwart van die wedren voorgeloop, maar sy plek is deur die twee Suid-Afrikaanse jaers oorgeneem.

“Die toestande is baie modderig en nat, waaraan ons nie gewoond is nie. Maar al die ryers is gesond. Hul gemoedstoestand is hoog en hulle plaas Namibië op die kaart.

Ander Namibiërs se posisies in hul agehele kompetisie:

50 cc: 21ste Duhan Steenkamp. 22ste Markus Pak.

Spanne: 1 SA (107 punte), 2 Kenia (51), 3 Zimbabwe (41), 4 Namibië (28).

65 cc: 29 Duhan van Wyk.

Spanne: 1 SA (111), 2 Uganda (46), 3 Botswana (35), 7 Namibië (0).

85 cc: 13 Juan de Vos, 18 Marco Lindemeier, 24 Leander Metzger.

Spanne: 1 SA (74), 2 Zimbabwe (38), 3 Namibië (14).

WMX: 7 Zoe Waldschmidt.

Spanne: 1 SA (96), 2 Zambië (60), 3 Kenia (44), 5 Namibië (28).

125 cc: 19 Gero Friederich, 21 Jarno Metzger, 24 Markus Muller, 28 Bjorn Kebbel.

Spanne: 1 SA (101), 2 Uganda (46), 3 Madagaskar (22), 6 Namibië (0).

Veterane: Uwe Sternagel (NAM). NAM: 6 Sigi Pack, 8 Tony Viljoen, 9 Olaf Pack.

Spanne: 1 Zimbabwe (91), Namibië (76), 3 SA (34).

MX 2: 12 Dale Davis.

Spanne: 1 SA (96), 2 Uganda (62), 3 Zimbabwe (27), 6 Namibië (11).

Kommentaar

Republikein 2024-05-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 1 vs 0 Getafe | Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis SerieA: Torino 3 vs 1 AC Milan | Lecce 0 vs 2 Atalanta | Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City #N/A Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% #N/A