Speler hoop op terugkeer nadat sy nek op 7 plekke breek
Sokker
Die Liverpool-vrouespan se Kanadese doelwagter Rylee Foster sê sy fokus daarop om ten volle te herstel nadat sy in ’n gruwelike motorongeluk was wat haar laat vrees het dat sy nooit weer sokker sou speel nie.
Foster (23) het vriende in Finland besoek toe die ongeluk op 16 Oktober gebeur het. Sy het agter in die motor gesit toe sy deur die voorruit geslinger is en haar nek op sewe plekke gebreek het.
Foster het ’n week in die hospitaal deurgebring en is met ’n spesiale nekstut toegerus voordat sy kon huis toe reis. Sy was aanvanklik bevrees dat haar loopbaan vroeg tot ’n einde gekom het, maar ’n onlangse skandering het veel beter nuus as verwag opgelewer.
Dokters het bevestig dat Foster se breuke is natuurlik aan die heg danksy die stut, wat sy binnekort mag verwyder indien haar rehabilitasie suksesvol voortgaan.
Foster, wat haar land op junior vlak verteenwoordig het, het Liverpool se wedstryde onlangs weer begin bywoon en is optimisties dat sy haar in die nabye toekoms weer by haar spanmaats op die speelveld sal aansluit.
“Dokters het gesê ek sal nooit weer kan speel nie, dat die gehalte van my lewe nooit weer dieselfde sal wees nie,” sê sy in ’n onderhoud op Liverpool se webblad. “Hulle gaan die stut op 1 Maart verwyder. Dan kan ek met die rehabilitasieproses begin. Dit gaan baie werk verg om eenvoudig na ’n normale, gehalte-leefstyl terug te keer.
“Ek het die goeie nuus met Matt (Beard, afrigter van Liverpool) gedeel en hy het gesê ek moet hom belowe ek sal geduldig wees met die proses. Dis presies wat ek van plan is om te doen.”
Foster is in Januarie 2020 deur Liverpool gekontrakteer. Sy het nege wedstryde vir Kanada se o.20-span gespeel. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie