Speke sing vir begrip, geloof en liefde

Fietsry
Die organisasie Legacy of Love van Sybrand en Ronel de Beer durf vandag weer die Nedbank Desert Dash aan.
Tielman Van Lill
Die spanning en opgewondenheid loop hoog vir die meer as 900 deelnemers aan die Nedbank Desert Dash-ultrabergfietsmarathon wat oor 397 kilometer strek en vanmiddag om 14:30 by die Grove-inkoopsentrum begin.

Ryers moet dié 397 km binne 24 uur oor die Kupferbergpas, Khomas Hochlandberge en die Namibwoestyn aflê om ’n medalje te ontvang.

Vir sommige is dit redelik maklik, terwyl dit vir ander in ’n vreesaanjaende ervaring kan ontaard om die stophorlosie te klop.

Die organisasie Legacy of Love van Ronel en Sybrand de Beer het ’n gemengde-vierryerspan saamgestel wat opnuut ’n positiewe boodskap van begrip, geloof en liefde wil uitstuur.

Legacy of Love neem al sedert 2018 aan die Nedbank Desert Dash deel.

Die De Beers het Legacy of Love in 2017 op die been gebring nadat Lumé, hulle oudste dogter, op 11-jarige ouderdom oornag tragies aan respiratoriese noodsindroom gesterf het.

Die Legacy of Love-trust bestuur tans vier projekte, naamlik Acts of Love, Legacy Sport, Legacy Retreats en Legacy Merchandise.

Legacy Sport gebruik onder meer die grondslag van fietsry, draf en gholf as eerbetoon aan bedroefde ouers, om bewustheid te skep oor hoe om gesinne te ondersteun wat iemand aan die dood afgestaan het, en om ’n inkomste te genereer om dié projekte te ondersteun.

Ronel het gesê: “Die Dash is ’n reusebyeenkoms om ons boodskap uit te dra. Lumé se ongelooflike liefde vir mense, die lewe en haar briefies in haar joernaal het ons aangespoor om ons storie te vertel en ander ouers wat in dieselfde bootjie is, te help. Ons wil troos, inspireer en help om te genees.

“Dit is ook ’n geleentheid om diegene te ondersteun wat met seerkry en trauma worstel, terwyl ons die reis deur die woestyn op ’n fiets opdra aan diegene wat geliefdes verloor het.

“Die Dash is ook een van ons min hoofgeleenthede vir geldinsameling om voorsiening te maak vir die volgende jaar se uitgawes en vir ons projekte om voort te gaan.

“Dit is ook ’n uitdaging om die projekte te bestuur. Tans maak ons op vrywilligers staat. Hulle help hoofsaaklik met reëlings en op die dag van die byeenkoms.

“In hierdie stadium dra ek die las alleen. Sybrand ondersteun my op ’n deeltydse basis. Een persoon kan net ’n beperkte aantal dinge doen.

“Legacy of Love is dankbaar vir die ondersteuning wat die organisasie van Nedbank ontvang het. Die ondersteuning wat ons van hulle kry, is ongelooflik waardevol.

“Nedbank het Legacy of Love nog elke jaar met twee geborgde spanne bygestaan en het deur die jaar met skenkings by kleiner geleenthede gehelp. Ons sien hulle as deel van die familie met ons Nedbank Desert Dash-projek, en hoop dat ons in die jare wat voorlê, selfs ’n groter rol in die Dash kan speel.”

Johan Fourie, ‘n lid van die Legacy of Love-span, het al ’n paar keer die Dash gery. Hy sê om vir liefdadigheid te ry, is ‘n eiesoortige ervaring.

“Om dit vir iemand te kan doen – al is die ondersteuning meer geestelik as fisiek – is steeds ’n wonderlike voorreg. Ons verstaan nie altyd waardeur mense gaan nie,” het Fourie gesê.

Selma Kaulinge, kommunikasiebestuurder van Nedbank, sê die Nedbank Desert Dash het oor die jare gegroei en is nou meer as net ’n sportgeleentheid.

“Elke jaar wanneer die Dash aangebied word, sien ons nie net die groot ekonomiese waarde wat dit in die land inbring nie, maar ook ’n toename in liefdadigheidsorganisasies wat die Dash vir ’n goeie doel ry.

“Ons doel by Nedbank is om kenners op die gebied van finansies te wees, wat goed is vir ons personeel, kliënte en gemeenskappe. Daarom is dit ’n voor die hand liggende verpligting vir ons om ’n aantal liefdadigheidsorganisasies te help wat aan die Dash wil deelneem,” het Kaulinge verduidelik.

Nedbank het meer as 35 jaar gelede die eerste keer in fietsry in Namibië begin belê. Sedert dié borg agt jaar gelede as titelborg oorgeneem het, het hulle meer as N$8 miljoen in die Nedbank Desert Dash ingestort.

Die Dash word ook deur Hollard, Indongo Toyota, Maerua Superspar en Trek ondersteun.

Die soloryers spring vandag eerste weg (14:30), gevolg deur die tweeryerspanne (15:00) en die vierryerspanne (15:30). Die afsnytye vir die onderskeie afdelings is môre dieselfde soos die ryers in Windhoek weggetrek het.

Die prysuitdeling word in drie afdelings behartig:

12:00: Die wenners van die tweeman-, vierman- asook gemengde tweeryer- en vierryerspanne.

14:00: Die wenners van die tweevrou- en viervrouspanne.

16:30: Solowenners en soloryers wat die wedren binne 24 uur voltooi het.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 22.94 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.3 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.3 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25155.92 Down -3.26% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.09/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.68/lb UP +1.63% | Zinc US$ 3 000.40/T UP 1.49% | Brent Crude Oil US$ 83.59/BBP UP +0.69% | Platinum US$ 1 004.27/OZ UP +1.12% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.94 | EUR to NAD 19.76 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.3 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.02 | USD to KES 130.23 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.3 | USD to ZMW 25.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25155.92 Down -3.26% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.09/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.68/lb UP +1.63% | Zinc US$ 3 000.40/T UP 1.49% | Brent Crude Oil US$ 83.59/BBP UP +0.69% | Platinum US$ 1 004.27/OZ UP +1.12%