Speke sing in Spanje
Namibië se Pierre Lambert het die eerste Namibiër geword wat die 810 km van die Badlands ultra-fietswedren in Spanje voltooi het. Sy tyd van 63 uur 09 minute het hom 36ste geplaas in die solo-wedren wat met 227 inskrywings begin het. Volgens sy GPS-inligting het die bergagtige roete hom op 'n ontsagwekkende totale klim van 17 757 meter en 'n totale daling van 16 928 m geneem. Lambert reken 'n bergfiets sou dalk meer geskik vir die toestande gewees het as sy grondpadfiets (gravel bike). Die Windhoeker het tevore uitdagings soos die Munga Grit Le Dur, sowel as Marokko se Atlasbergwedren van 1 400 km voltooi. Foto Drikus Coetzee


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie