Skitterende Erwee se 100-tal plaas Proteas in saal
Krieket
Nieu-Seeland tn Suid-Afrika, 2de toets, Christchurch, dag 1
SA (1ste beurt) 238/3
Tom Latham het die muntstuk in die lug opgeskiet en Dean Elgar het “kop” geroep. Die munt het met die kopkant na bo geval, Elgar het gesê ons sal eerste kolf en die ganse krieketwêreld het gedink hulle het verkeerd gehoor.
Dis Nieu-Seeland dié, die Hagley-ovaal – hier kolf jy nie eerste as jy die loot wen nie. Niemand het dit tot nog toe gedoen nie.
Wat nog te sê as jy ’n kolflys gestroop van selfvertroue het, wat skaars ’n week gelede op dieselfde kolfblad teen dieselfde boulaanval vir 95 en 111 omgedop is?
Maar Elgar het gesê nee, ons sal julle wys ons kán kolf, ons is nie bang vir jul swaaiboulers op ’n groen blad nie.
Twee uur later, toe hy en Sarel Erwee (108) die Proteas ongeskonde by middagete uitgekry het op 80/0, het die krieketwêreld begin kopkrap. Het Elgar iets gesien wat ons nie gesien het nie? Weet hy iets wat ons nie weet nie?
Klaarblyklik.
Dit was egter meer as net ’n geval van Elgar wat die blad uitstekend opgesom het, want daar was tog hulp vir Nieu-Seeland se boulers, veral wat swaaibeweging deur die lug betref.
Die verskil tussen dié toets en die eerste een, is dat die Protea-kolwers baie meer gedissiplineerd gekolf het. Veral Erwee.
Hy moes vir meer as ’n dekade lank op die plaaslike toneel swoeg vir ’n kans en daarna op menige toer die koeldrankies vir sy spanmaats dra. Hy sal waarskynlik sê dit was alles die moeite werd.
In slegs sy tweede toets, het Erwee met skitterende oordeel gekolf. Hy het die bal buite die wegpen met rus gelaat en aan die begin van sy beurt glad nie deur die dekke probeer dryf nie.
Elgar sal Vrydagaand as ’n baie tevrede man gaan slaap. Om eerste te kolf was ’n groot waagstuk.
Dit is los dryfhoue deur die dekke wat die Protea-paaltjies in die eerste toets met reëlmaat laat val het. Erwee het aanvanklik sy lopies aan die bykant en met reguithoue aangeteken, maar namate hy sy oog ingekry het, het hy ’n paar aanskoulike dryfhoue deur die dekke begin speel.
Die aanvangsvennootskap van 111 lopies wat hy en Elgar gedeel het, was ’n groot hoogtepunt. Dit is Suid-Afrika se eerste 100-lopie-aanvangsvennootskap in 18 kolfbeurte en hul eerste oorsee sedert 2012 toe Graeme Smith en Alviro Petersen dit in Adelaide teen die Aussies gedoen het.
Aiden Markram (42), wat voor die toets onder reusedruk was, het die goeie werk voortgesit nadat Elgar uit is. Al is die blad makker en effens stadiger as in die eerste toets, is daar steeds genoeg bystand vir die boulers om kolfineenstortings ’n groot moontlikheid te maak.
Daarom was Markram se beurt net wat Suid-Afrika nodig gehad het. Hy het ’n mooi vier aan die wegkant geslaan om sy rekening te open, maar daarna waaksaam en geduldig gekolf, sonder om gefrustreerd te raak. Hy het later meer vrylik begin lopies aanteken en dis toe dat hy agter die penne uitgevang is. Een paaltjie bring twee en in die volgende beurt is Erwee ook in die glippe uitgevang, albei paaltjies plat met Suid-Afrika op 199.
Dit kon baie maklik drie paaltjies gewees het toe ’n bal van Temba Bavuma se kolf ook deur die glippe geskiet het.
Bavuma (22*) en Rassie van der Dussen (13*) het egter laer getrek om die Proteas sonder enige verdere verlies by uitskeityd te kry (laasgenoemde is ook ’n lewe gegun toe hy op middebaan laat val is).
Elgar sal Vrydagaand as ’n baie tevrede man gaan slaap. Om eerste te kolf was ’n groot waagstuk. Nie net is dit die eerste keer dat ’n kaptein kies om op die Hagley-ovaal eerste te kolf nie, dis ook die eerste keer in 12 jaar dat dit in Nieu-Seeland gebeur. Dit het 32 jaar gelede in Christchurch gebeur (in die destydse AMI-stadion).
Die besluit om vir Keshav Maharaj bo Glenton Stuurman te kies, kan ook in die vierde beurt in ’n meesterlike skuif ontwikkel. Die blad is stadig en droog genoeg dat ’n draaier dalk ’n rol kan speel.
Maharaj se insluiting is een van drie veranderinge – Lutho Sipamla vervang ook vir Duanne Olivier, terwyl Wiaan Mulder in die beseerde Zubayr Hamza (gekraakte vinger) se plek speel.
Die Proteas het dus genoeg boulopsies. Maar as Elgar sy sin kry, sal hulle eers nog ’n hele ruk lank kolf voordat sy boulers benodig word.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie