Skietbande met RSA buite Windhoek gesmee
Skietsport
Die volgende kompetisie bring skuts na Outjo op 17 Junie – nog 'n opwindende venue wat die eerste keer gebruik word.
As deel van die Namibiese Presisiegeweerskietvereniging (Napra) se 2023-kalender het die klub onlangs onbekende terrein betree met die eerste aanbieding van ’n tweedaagse internasionale kompetisie.
Die suksesvolle inisiatief is gebore na aanleiding van ’n suksesvolle Wêreldbekerdeelname in Augustus verlede jaar en ter voorbereiding van die Suid-Afrikaners wat die 2024 Wêreldbeker aanbied, is die behoefte geïdentifiseer om Napra-lede aan internasionale mededinging bloot te stel.
In die aanloop is baie papierwerk, die reël van permitte namens hul SA eweknieë, die uitleg van die skietbaan en organisering van fasiliteite gedoen om die beste van die geleentheid te maak.
Die agtergrond vir die kompetisie was twee venues naby Windhoek se aanskoulike Khomas Hochland-berge (Plaas Omdraai) en Heja Lodge (Farm Hoffnung) aan die oostekant.
Die opgewondenheid is aangevuur deur die vrygewigheid van die borge en verskaffers – Kahles, Agra (Safari Den), Double Barrel Arms, Venzke Shooting Supplies en Tropizone.
Die byeenkoms het ’n rekordgetal inskrywings gelok (52 skuts) met die meerderheid se keuse om IPRF-reëls en -standaarde te skiet.
Dag 1 is op die plaas Omdraai gehou, met agt skietitems wat ’n mengsel van mensgemaakte en natuurlike hindernisse bevat.
Die maksimum rondtetelling was 70 vir IPRF-klasse, 54 vir die Evolution-klas en 38 vir Casual-klas. Die toegelate tydsbeperking per item was 90 sekondes vir die IPRF- en Evolution-klasse en 120 sekondes vir die Casual-klas.
Op dag 2 by Heja Lodge is in ’n soortgelyke formaat van mensgemaakte hindernisse en ewe uitdagende terrein geskiet. Skietafstande het gewissel tussen 350 tot 1 170 meter met die gemiddelde afstand op beide dae in die middel-500’s. Die weer het saamgespeel en matige, maar soms ook moeilike windtoestande het op albei dae geheers.
Met hope senuagtige energie en opwinding het die kompetisie begin met die skietplekke se name soos “Weakside weakness”, “Seems Nice”, “It’s a bad angle for me” en “It’s a rush” wat van die uitdaging te midde van die pret getuig.
In elke IPRF-afdeling is op dag 1 hewig meegeding – veral die Ope-afdeling waarin drie Namibiese skuts met dieselfde telling boaan die lys geëindig het. In die Evolution-klas het die ontluikende skuts mekaar ook besig gehou met verskeie goeie tellings.
Op dag 2 was die vriendskappe en energie voluit op dreef. Die mededingers is opnuut getoets teen die tydsbeperking, uiteenlopende skietposisies vir die skuts en hindernisse, skietafstande en groottes van die teikens (ghongs). Die geskerts en kameraadskap wat as die wonderlike kultuur wat binne die klub gebore is.
Die bykomende opwinding en voorreg om teen die Suid-Afrikaners te skiet, was ook ’n leerondervinding ter bevordering van die sport in die streek.
UITSLAE
By die prysuitdeling is die volgende kategoriewenners vereer:
IPRF Ope: Dirk Sauber (NAM) 107 punte, Keiran Mans (NAM) 97, Johan Lottering (SA) 96.
IPRF Vroue: Liesl Baben (SA) 63, Kim-Leigh Ferreira (SA) 57, Aliza Mey (SA) 28.
IPRF Limited: Schalk van Wyk (NAM) 67, Jaco Venzke (NAM) 54, Josia Swart (NAM) 11.
IPRF Factory: Russell Ferreira (SA) 64, Hanno van Niekerk (SA) 55
IPRF Senior: Le Riche Coetzer (SA) 73.
IPRF Junior: Donovan Cook (SA) 83.
Evolution: Romé Mostert (NAM) 62, Erich Simon (NAM) 61, Alwyn Jooste (NAM) 50.
Junior (Evolution): Luan Oosthuizen (NAM) 46, Sebastian Wadland (NAM) 31, Russel Fick (NAM) 30.
Casual: Francois Mecay (NAM) 33, Bennie Thirion (NAM) 23, Paolo van der Hoven (NAM) 23.
Die mededinging tussen twee skietnasies van wêreldstandaard het ook uitsonderlike individuele prestasies gelewer.
Ná dag een was Michael Barlow (Namibië) die oornagvoorloper wat van sy bestendige verbetering in die sport getuig.
Donovan Cook (SA) se puik vaardighede en potensiaal as die jongste IPRF-deelnemer het hom algeheel sesde laat eindig.
Die Namibiërs Romé Mostert en Erich Simon het gewys bestendigheid hou die sleutel in die Evolution-klas, met hul landgenote Uwe Brockmann, Russel Fick en Francois Mecay vol belofte hoewel hulle net die Sondag kon saam skiet.
Dirk Sauber (Namibië) het as algehele wenner oorheers en gewys hoekom in die top-10 skuts ter wêreld is.
VOLGENDE
Die volgende kompetisie bring skuts na Outjo op 17 Junie – nog ’n opwindende venue wat die eerste keer gebruik word.
Verder bied Namibië sy volgende kampioenskapstoernooi op 21-22 Oktober aan en sal opnuut geëerd wees om die Suid-Afrikaners hier te hê.
Enigiemand wat Napra wil kontak, kan ’n boodskap na [email protected] stuur vir enige inligting oor die sport.
Die vriendskappe met Suid-Afrika inspireer die plaaslike skuts ook om een van hul nasionale kampioenskapstoernooie in November vanjaar by te woon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie