Silver beklink twee Afrika-silwers
Atletiek
Altesame 18 lande het elk minstens een medalje by die Afrika o.20-kampioenskap behaal.
Die oud-Windhoek Gimmie, Tuané Silver (18), was die enigste Namibiese spanlid wat silwerware by die pas afgelope o.18- en o.20-Afrika-atletiekkampioenskap by die indrukwekkende Levy Mwanawasa-stadion in Ndola, Zambië, gewen het.
Silver het as o.20-atleet silwermedaljes in die diskusgooi (44.58 meter) en gewigstoot (14.88 m) gewen.
Ashley Erasmus (17 jaar), die Suid-Afrikaanse o.20- en senior skyfwerpkampioen, het goud opgeraap (50.91 m), terwyl Frederick Lemongo Nkoulou (18) van Kameroen brons (38.77 m) gevat het.
Erasmus het ook die gewigstoot met 16.11 m gewen en Nkoulou se 14.63 m het vir haar brons beteken.
Erasmus het in Maart by die o.20- en senior Suid-Afrikaanse gewigstootkampioenskap onderskeidelik met 16.35 m en 16.85 m gewen. Die skyfwerptitels vir beide kampioenskappe het sy met afstande van 52.35 m en 52.31 m verower.
Silver het aan Republikein gesê: “Ek is ingenome met my twee medaljes en baie bly. My afstande was nie fantasties nie; ek het voor die kompetisie baie gereis en ek reken nie ek was nie op my beste nie.
“Ek kon sekerlik beter voorbereid gewees het, maar in ag geneem hoe ek gevoel het, is ek baie tevrede met wat ek kon uitrig. Dit was soos altyd vir my ’n groot eer om Namibië te kon verteenwoordig. Ek was die enigste o.20-atleet in die span en ek moes ons naam hoog hou vir die jong atlete in Namibië wat ook atletiek as ’n sport wil beoefen.
“Ek is nie heeltemal seker nie, maar ek verstaan dis die eerste keer dat Namibië ’n medalje by die o.20-Afrikakampioenskap wen. Dis ’n ongelooflike eer vir my om twee medaljes vir my land te kon verower.
“Ek moet Atletiek Namibië bedank vir hul ondersteuning wat dit vir my moontlik gemaak het. Hoewel die byeenkoms se reëlings soms ietwat deurmekaar was, was die kampioenskap beslis ’n sukses. Ons spanbestuurders het hard gewerk en gesorg dat ons name op die itemlys aangetoon was voor die dissipline begin het. Alle eer aan hulle.”
Silver is tans ’n eerstejaarstudent by Tukkies in Pretoria waar sy vir ’n B.Eng-graad (siviele ingenieurswese) agter die boeke sit.
Sestien lande het vir die o.18-kompetisie ingeskryf, terwyl 18 by die o.20’s gewoeker het. In die o.18-afdeling is altesaam 116 medaljes (41 goud, 39 silwer, 36 brons) oorhandig.
Suid-Afrika (RSA) het twee groot spanne van gesamentlik 86 atlete na Ndola gestuur. Die o.18-span het 41 lede gehad, terwyl die o.20-span deur 45 verteenwoordig is. Dit is dus geen wonder dat Namibië se suidelike buurman die kampioenskap in beide ouderdomsgroepe oorheers het nie. Die RSA het altesaam 65 medaljes gewen met 32 goues, 17 silwer en 16 brons in die trofeekas.
Die vasteland se ander atletiekreuse soos Nigerië, Kenia en Ethiopië kon nie by die RSA-spanne kers vashou nie.
Op die o.20-medaljelys het Silver se twee silwers die Namibiese span in die 14de posisie laat eindig van die 18 lande wat medaljes kon inpalm.
Die Afrika o.20-medaljelys se toptien was:
1 RSA (13 goud, 10 silwer, 7 brons)
2 Nigerië (9, 2, 4)
3 Kenia (6, 2, 6)
4 Ethiopië (4, 7, 4)
5 Egipte (4, 3, 2)
6 Botswana (3, 0, 2)
7 Algerië (1, 3, 2)
8 Tunisië (1, 2, 0)
9 Burkina Faso (1, 1, 0)
10 Zimbabwe (1, 0, 4)
Die Namibiese o.18-spanlede was die hoogspringer Josia Katroli (Hardap) en ses meisies, naamlik Julie-Ann Schuster (Hardap, 100m, 200m), Ndilimeke Erastus (Ohangwena, 200), Kazaatjo Kambiri (Omaheke, 400), Nyanyukweni Frans (Omusati, 1500 en 800), Leané Boshoff (Otjozondjupa, gewigstoot) en Marike Weitz (Khomas, gewigstoot).
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie