Shimlas verwoes vir Maties
Rugby
Die Shimlas sal tuisveldvoordeel in hul Varsitybeker-halfeindstryd teen die Ikeys hê nadat hulle die Maties Maandagaand gemaklik met 44-12 in Stellenbosch geklop het.
Maties se koppe is ook deur vir ’n plek in die halfeindronde teen die NWU Arende in Potchefstroom, maar hierdie vertoning boesem bitter min vertroue in voor die uitkloprondes. Trouens, dit was nogal ’n verleentheid as ’n mens hul puik rekord oor die jare in dié reeks bestudeer.
Dit was die eerste keer dat die Shimlas in dié reeks met die Maties op Coetzenburg kon afreken. André Tredoux se span het met tye pragtige rugby gespeel en was nie skaam om diep uit hul eie gebied aan te val nie.
Die Shimlas was met die rustyd met 18-12 voor danksy sewepuntdrieë deur Jandré Nel en Thabang Mahlasi. Was dit nie vir oorgretigheid op die aanval nie, sou daardie voorsprong groter gewees het.
Maties het in die 26ste minuut ’n gevoelig terugslag beleef toe hul oopkantflank, Siya Matanda, met ’n rooi kaart gestraf is vir ’n gevaarlike duikslag op Jooste Nel. Hul koppe het teen mekaar gebots en Nel is op ’n draagbaar van die veld af.
Ironies het die tuisspan vir die 20 minute wat hulle daarna met 14 man moes klaarkom van sy beste rugby gespeel. Waqar Solaan het ’n drie afgerond wat aan hulle ’n voorsprong van 12-9 gegee het.
Shimlas het diep in die eerste helfte uiteindelik weer daarin geslaag om uit hul gebied te kom en Mahlasi het ’n pragdrie afgerond. Daardie oorheersing is vroeg in die tweede helfte voortgesit toe Lourens Oosthuizen die eerste van sy twee drieë afgerond het.
Maties se taak is verder bemoeilik met ’n geel kaart vir Siya Ngubelanga en Oosthuizen het onmiddellik van die volgende rolmaalbeweging gedruk. Nóg sout is in Maties se wonde gevryf met Siviwe Zondani en Chad Adams wat ook vir Shimlas afgerond het.
Puntemakers:
Shimlas 44 (18): Drieë: Jandré Nel sewepuntdrie, Thabang Mahlasi sewepuntdrie, Lourens Oosthuizen (2), Siviwe Zondani sewepuntdrie, Chad Adams. Doelskoppe: Litha Nkula, Ethan Wentzel (3).
Maties 12 (12): Drieë: Marcqiewn Titus, Waqar Solaan. Doelskop: Jurie Matthee.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie