Die suksesvolle kandidate wat hul eerste swart gordels in Okinawan Goju-Ryu verwerf het, is van links André Viljoen, Justin Scholtz, Jewel Slinger, Reino Hasheela, Viutua (Timia) Kameeta, Marco Clarke en Natangwe Tugama Uugwanga. Foto verskaf
Die suksesvolle kandidate wat hul eerste swart gordels in Okinawan Goju-Ryu verwerf het, is van links André Viljoen, Justin Scholtz, Jewel Slinger, Reino Hasheela, Viutua (Timia) Kameeta, Marco Clarke en Natangwe Tugama Uugwanga. Foto verskaf

Sewe verwerf hul eerste swart gordels

Karate
Die Okinawan Goju-Ryu Karatevereniging van Namibië het onlangs ’n graderingsgeleentheid vir sewe kwalifiserende swartgordel-studente gehou.

Die paneel wat die graderings hanteer het, was onder leiding van sensei Carl van der Merwe (7de dan), dié karatestyl se nasionale hoofinstrukteur.

Die kandidate moes ’n geskrewe eksamen aflê om hul kennis van die tegniek en geskiedenis van Okinawan Goju-Ryu karate bo twyfel te stel. ’n Fiksheidstoets en ’n fisieke graderingstoets van drie ure waartydens hul tegniese vernuf en uithouvermoë beproef, is ook afgehandel.

Die ouderdomme van die karateka het gewissel tussen 16 en 49 jaar, met hul jare van ervaring in karate tussen ses en twaalf.

Wat hierdie groep kwalifiseerders se prestasie spesiaal maak, is dat hul voorbereidingstydperk die Covid-inperkings met Zoom-klasse en -seminare tuis ingesluit het. Hulle het nogtans hierdie uitdaging te bowe gekom en gewys hulle gee nie moed op nie.

Die sewe suksesvolle kandidate wat hul eerste swart gordels verwerf het (eerste dan), is Marco Clarke, Reino Hasheela, Viutua (Timia) Kameeta, Justin Scholtz, Jewel Slinger, Natangwe Tugama Uugwanga en André Viljoen.

Kommentaar

Republikein 2025-08-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer