Schmidt, Chipfupa raap laaste ronde op
Gholf
Heinrich Schmidt en Claris Chipfupa het Saterdag as oorwinnaars uit die stryd getree in die tiende ronde van vanjaar se Nedbank for Good-reeks wat by die Windhoek-gholfklub gespeel is.
Altesaam 79 amateurspelers, van wie sewe vroue was, het suksesvol onder winderige toestande afgeslaan in die strewe om ’n plek in die eindronde te beklink wat oor twee weke by die Omeya-gholfklub plaasvind.
In die manskompetisie het Schmidt het 42 punte aangeteken om te wen, terwyl Granworth Vries met 39 die tweede plek opraap.
Die derde plek is ingeneem deur Benoit Schrywer wat 39 aangeteken het wat uitgetel is na ’n gelykopuitslag. Tiaan Grobler en Brandon Stoffels het elk 38 elk aangeteken, met Grobler wat die vierde plek ingeneem het deur die uittel.
In die vrouekompetisie het Chipfupa 42 punte aangeteken voor Celonika Robinson met 35 om die tweede plek te verseker. Natasja Louw het 32 punte vir die derde plek behaal.
Die organiseerder, Dan Zwiebel, sê die geleentheid het goed verloop ten spyte van moeilike weersomstandighede.
“Baie geluk aan die wenners. Die wind het dit bietjie moeilik gemaak, maar hulle het goeie tellings opgelewer. Ons bedank graag die komitee en bestuur vir hul ondersteuning met nog ’n puik geleentheid. Ons sien uit na die eindrondte waar ons vanjaar se kampioen sal bekroon,” het hy gesê.
Vanjaar se reeks het by Omeya afgeskop voordat dit na Gobabis, Oranjemund, Tsumeb, Mariental, Oshakati, Walvisbaai, Rössmund, Hentiesbaai en uiteindelik die Windhoek-gholfklub bereik het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie