Ryers maak gereed vir Gravel & Dirt
Bergfietsry
Die persoonlike uitdaging om jou uithouvermoë teen langer afstande te toets, is een van die dryfvere wat bergfietsryers motiveer om jaarliks aan die Hollard Gravel & Dirt-reeks deel te neem.
Die eerste van vanjaar se agt byeenkomste word komende Saterdag gehou, naamlik die MTB X-Ride op ’n roete by die Oanobdam.
Elkeen van die agt verskillende byeenkomste stel ryers ook aan ’n ander aanskoulike deel van Namibië se natuurskone bestemmings bloot. Twee heel nuwe byeenkomste is ingesluit, naamlik die Erongo MTB & Run by Omaruru en die Hosea Kutako MTB & Run.
Deelnemers by Oanob het die keuse om vir die marathonroete (76 km, twee baanrondtes) in te skryf, óf vir die halfmarathon van 38 km met ’n gesamentlike klimhoogte van 400 meter. Die inskrywingsgeld vir beide afstande is dieselfde (N$350).
Vir kinders is daar ook twee roetes, naamlik vir die onder 10’s wat 9.6 km ry, of die o.12’s en o.14’s wat 19.2 km kan aandurf, beide teen die inskrywingsgeld van N$300.
Die byeenkoms by Oanobdam maak ook vir hardlopers voorsiening, wat die keuse van 10 km of 20 km kan uitoefen (koste N$300).
Die begin- en eindpunt is by The Hangar by Oanobdam, met die eerste wegspringtyd om 08:00 en die spertyd dat almal terug moet wees voor die prysuitdeling om 13:00 begin.
Inskrywings sluit vandag om 17:00 en word aanlyn by https://register.chronotrack.com/r/65559 gedoen. Geen laat inskrywings word aanvaar nie.
Prysgeld en podiumposisies is ook in die ander ouderdomsklasse vanaf junior mans en vroue (o.18), tot die grootmeesters (60-plus) op die spel. Ryers wat by die eindstreep op minstens 90 kilogram inweeg, kom in hul eie kategorie (Rhino-klas) vir erkenning en prysgeld in aanmerking. Ryers op elektries aangedrewe fietse mag ook inskryf.
DIE GRAVEL & DIRT-REEKS SE DATUMS VIR 2022: 26 February: MTB X-Ride, The Hangar (Lake Oanob Resort) 16 April: West Coast MTB & Run (Swakopmund) 14 Mei: Otjiwa Eagle Ride MTB & Run (Otjiwarongo, Otjiwa Lodge) 04 Junie: Okajo MTB & Run (Wilhelmstal, Okajo Lodge) 25 Junie: Okapuka MTB & Run (Okapuka Lodge) 16 Julie: Erongo MTB & Run (Omaruru) 06 Augustus: Auas Safari Lodge MTB & Run (Auas Safari Lodge) 17 September: Hosea Kutako MTB & Run (Windhoek, Hosea Kutako)
• Deelnemers moet aan minstens vier byeenkomste deelneem om vir die algehele reeks se wenpryse in aanmerking te kom.
LAAS JAAR SE REEKSWENNERS (minimum vier byeenkomste) Elite vroue: 1 Courtney Liebenberg (1250 punte), 2 Nicola Fester (740), 3 Michelle Cronje 620). Elite mans: 1 Bergran Jensen (1060 punte), 2 Drikus Coetzee (1010), 3 Hugo Hahn (830).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie