Die Bokke trotseer die haka verlede jaar in Mbombela. Foto Gallo Images
Die Bokke trotseer die haka verlede jaar in Mbombela. Foto Gallo Images

Rugbymanne sien rooi oor nuwe kleurblind-reël

Rugby
Hendrik Cronjé en Tinus van Staden
Die grootste klomp nonsens wat hy al ooit gehoor het.

So som die oud-Springbok-kaptein Wynand Claassen ’n nuwe Wêreldrugby-beleid op wat sal meebring dat die Bokke en All Blacks ná 2025 nooit weer in hul tradisionele kleure teen mekaar sal speel nie.

Dié beleid is vervat in riglyne wat Wêreldrugby in 2021 opgestel het oor hul voorneme om ’n kleurblindheid-beleid te aanvaar. Dit is verlede week stil-stil aanvaar.

Dié beleid, wat in 2025 amptelik van krag sal wees, sal meebring dat die Bokke en All Blacks mekaar daarna nooit weer in hul tradisionele truie kan pak in ’n Wêreldrugby-toernooi nie. Een span sal altyd in ’n ligte trui moet speel, en die ander in ’n donker trui. Dit geld alle wedstryde onder Wêreldrugby se vaandel.

Bill Beaumont, Wêreldrugby se voorsitter, is self kleurblind.

“Ek is trots op die stappe wat ons in vennootskap met Colour Blind Awareness gedoen het om mense op te voed en in te lig oor dié belangrike kwessie. Die beleide is geskep om te sorg dat kleurblinde ondersteuners op alle vlakke van die spel ’n uitsonderlike ervaring het en al die groot lewenslange voordele geniet wat rugby kan bied,” sê Beaumont.

“Saam kan ons verseker dat die spel so inklusief as moontlik vir almal is.”

Kleurblindheid is volgens Wêreldrugby ’n baie algemene toestand wat sowat 300 miljoen mense wêreldwyd raak.

“Net die rooi/groen-tipes kleurblindheid raak 8% van mans (0,5% van vroue), wat beteken dat daar twee tot drie kleurblinde spelers in elke mansgroep van 32 kan wees. Baie mense met kleurvisie-gestremdhede is nie bewus van hul toestand nie en daarom is dit onwaarskynlik dat hulle sal praat of hulp vra.”

Rugbybase oor die wêreld heen is woedend hieroor. Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie het volgens Rapport se inligting reeds twee keer in briewe aan Wêreldrugby hul misnoeë oor die beleid te kenne gegee.

Dit sal byvoorbeeld beteken dat die Springbokke en All Blacks nooit weer in hul primêre kleure in ’n Wêreldrugby-toernooi teen mekaar sal speel nie.

KOMMERSIëLE NAGEVOLGE

Vanweë die kommersiële waarde van die spanne se tuis-truie, bestaan ’n kans dat die Bokke en All Blacks die beleid selfs kan verontagsaam wanneer hulle in Sanzaar-toetse, soos die Rugbykampioenskap, speel, word verneem.

“Terwyl SA Rugby Wêreldrugby se ambisie ondersteun om rugby so inklusief moontlik te maak, het ons ernstige bedenkinge oor die potensiële impak wat die kleurblind-regulasies kan hê, en ons glo dit moet verder ondersoek word,” sê Rian Oberholzer, Saru se waarnemende uitvoerende hoof.

“Dit sal byvoorbeeld beteken dat die Springbokke en All Blacks nooit weer in hul primêre kleure in ’n Wêreldrugby-toernooi teen mekaar sal speel nie.

“Die riglyne sê: ‘As net een mens langs ’n skoolveld sit en kyk en sukkel om sekere elemente van die wedstryd te volg weens ’n vermybare botsing van truie, laat rugby hulle in die steek.’

“Maar ons glo sommige of almal van die 11 uit 12 mans en 199 uit 200 vroue wat nié kleurblind is nie (gegrond op die statistieke wat voorgelê is), kan ook in die steek gelaat voel as die lang tradisies van die spel verlore gaan, laat staan nog die potensiële skade aan die ekwiteitswaarde wat aan die betrokke handelsmerke en kleure gekoppel is oor jare heen.

“Ons glo die impak op die spel se breër ondersteuningsbasis moet ook in berekening gebring word. Ons sal aanhou om met Wêreldrugby te praat oor die onderwerp.”

OUD-BOKKE VERSTOM

Die beleid laat oud-Bokke stom. “Waar kom hulle nou hieraan? Dit is absoluut belaglik. Hulle het niks beters om te doen as om sulke twak uit te dink nie,” sê Claassen.

“As die Bokke en All Blacks teen mekaar speel, kan jy duidelik die onderskeid sien. Hul broeke is selfs swart en ons s’n wit. Dit is twak.

“Ek weet nie of dit weens die professionele era is dat ouens nou met hierdie simpel goed vorendag kom net om hulself besig te hou nie.

“Wat van die 100-jaar-tradisie en die etos van rugby? Dit gaan baie skade ly (as die plan deurgevoer word).”

Die voormalige Bok-vleuel Breyton Paulse sê hy is geskok.

“Dis vir my vreemd. Ek het begrip, en ’n mens moet respek toon, in dié geval aan mense wat kleurblind is,” sê Paulse.

“Maar as jy met enige Bok praat, insluitend myself, wil ek altyd in my groen trui speel. Dit sal die tradisie wegvat van al die jare: Die Bokke in groen teen die All Blacks in swart. Dit is ’n trotse tradisie, dit is ’n tradisie wat die hele wêreld ken.

“Ek hoop regtig hulle kan dit stopsit. Dis skokkend.”

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Las Palmas 1 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 2 vs 2 Valencia | Getafe 1 vs 2 Mallorca | Real Madrid 0 vs 0 Real Betis | Almería 6 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 0 vs 1 Athletic Club | Real Sociedad 0 vs 2 Atletico Madrid | Osasuna 1 vs 1 Villarreal | Girona 7 vs 0 Granada SerieA: Napoli 0 vs 0 Lecce | Atalanta 3 vs 0 Torino | AC Milan 3 vs 3 Salernitana | Juventus 2 vs 0 Monza | Genoa 2 vs 0 Bologna | Cagliari 2 vs 3 Fiorentina European Championships Qualifying: Leeds United 0 vs 1 Southampton FA Cup: Manchester City 1 vs 2 Manchester United English Championship: Leeds United 0 vs 1 Southampton F1: Monaco GP First:Charles Leclerc Ferrari 02:23:16 Second:Oscar Piastri McLaren + 00:00:07.152 Third:Carlos Sainz Ferrari + 00:00:07.585 Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 13° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 14° | 31° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 29° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 11° | 25° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:55, High tide: 04:53, Low Tide: 23:17, High tide: 17:29 Swakopmund: 18° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:53, High tide: 04:51, Low Tide: 23:15, High tide: 17:27 Walvis Bay: 19° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:53, High tide: 04:50, Low Tide: 23:15, High tide: 17:26 Rehoboth: 11° | 26° Mariental: 14° | 27° Keetmanshoop: 16° | 27° Aranos: 13° | 27° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 15° | 28° Oranjemund: 14° | 34° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 12° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 10° | 20° Maseru: 5° | 21° Antananarivo: 10° | 23° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 14° | 20° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 13° | 22° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 14° | 26° Harare: 12° | 25° Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 19.97 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 848.36 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.1 | USD to KES 132.23 | USD to NGN 1474 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 26.59 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79150.84 Up +0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1748.47 Down -0.71% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13370.7 Down -0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27205.14 Down -0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9141.35 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.00/OZ UP +0.08% | Copper US$ 4.73/lb DOWN -0.0033 | Zinc US$ 3 077.30/T UP 0.19% | Brent Crude Oil US$ 82.34/BBP UP +0.82% | Platinum US$ 1 026.19/OZ UP +0.64% Sport results: LaLiga: Las Palmas 1 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 2 vs 2 Valencia | Getafe 1 vs 2 Mallorca | Real Madrid 0 vs 0 Real Betis | Almería 6 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 0 vs 1 Athletic Club | Real Sociedad 0 vs 2 Atletico Madrid | Osasuna 1 vs 1 Villarreal | Girona 7 vs 0 Granada SerieA: Napoli 0 vs 0 Lecce | Atalanta 3 vs 0 Torino | AC Milan 3 vs 3 Salernitana | Juventus 2 vs 0 Monza | Genoa 2 vs 0 Bologna | Cagliari 2 vs 3 Fiorentina European Championships Qualifying: Leeds United 0 vs 1 Southampton FA Cup: Manchester City 1 vs 2 Manchester United English Championship: Leeds United 0 vs 1 Southampton F1: Monaco GP First:Charles Leclerc Ferrari 02:23:16 Second:Oscar Piastri McLaren + 00:00:07.152 Third:Carlos Sainz Ferrari + 00:00:07.585 Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 13° | 31° Oshakati: 13° | 30° Ruacana: 14° | 31° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 12° | 26° Omaruru: 15° | 29° Windhoek: 11° | 25° Gobabis: 11° | 25° Henties Bay: 18° | 34° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:55, High tide: 04:53, Low Tide: 23:17, High tide: 17:29 Swakopmund: 18° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:53, High tide: 04:51, Low Tide: 23:15, High tide: 17:27 Walvis Bay: 19° | 33° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:53, High tide: 04:50, Low Tide: 23:15, High tide: 17:26 Rehoboth: 11° | 26° Mariental: 14° | 27° Keetmanshoop: 16° | 27° Aranos: 13° | 27° Lüderitz: 20° | 36° Ariamsvlei: 15° | 28° Oranjemund: 14° | 34° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 12° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 10° | 20° Maseru: 5° | 21° Antananarivo: 10° | 23° Lilongwe: 13° | 26° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 11° | 25° Cape Town: 14° | 20° Durban: 16° | 22° Johannesburg: 13° | 22° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 14° | 26° Harare: 12° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.41 | EUR to NAD 19.97 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 848.36 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.1 | USD to KES 132.23 | USD to NGN 1474 | USD to ZAR 18.46 | USD to ZMW 26.59 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79150.84 Up +0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1748.47 Down -0.71% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13370.7 Down -0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27205.14 Down -0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9141.35 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 334.00/OZ UP +0.08% | Copper US$ 4.73/lb DOWN -0.0033 | Zinc US$ 3 077.30/T UP 0.19% | Brent Crude Oil US$ 82.34/BBP UP +0.82% | Platinum US$ 1 026.19/OZ UP +0.64%