Riaan maak sy merk vir Aurillac
Rugby
Riaan Grové, eerstespankaptein van Windhoek Hoërskool in 2021 en agtsteman vir Namibië se o.20-span vanjaar, het Saterdag net elf dae ná sy aankoms in Frankryk vir die eerste keer vir die junior klubspan van Aurillac uitgedraf. Hy is sowat vyf minute ná rustyd teen Stade Francaise opgestuur en het sy eerste drie in die kleure van sy nuwe klub Aurillac gedruk, wat pas begin het om hul Franse nasionale junior titel te verdedig. Stade Francaise het egter met 37-27 gewen. Foto’s verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie