RCFA Namibia het onlnags onder Meester Joe Viljoen se wakende oog sewe Ushidoshi's (leerlinginstrukteurs) ryker geword. Van links is Willem Gous, Jaco Kruger, Ronel Viljoen, Andrea Müller, Adel Oosthuizen, Sensei Ingo Oosthuizen en Edwin Thornly (agter).  Foto RCFA Facebook
RCFA Namibia het onlnags onder Meester Joe Viljoen se wakende oog sewe Ushidoshi's (leerlinginstrukteurs) ryker geword. Van links is Willem Gous, Jaco Kruger, Ronel Viljoen, Andrea Müller, Adel Oosthuizen, Sensei Ingo Oosthuizen en Edwin Thornly (agter). Foto RCFA Facebook

RCFA Namibia soek antwoorde

Gevegsport
Tielman Van Lill
Namibia Ring Contact Fighing Arts (RCFA) beplan om op uitnodiging vanaf 7 Mei ’n span vir deelname aan die Suid-Afrikaanse nasionale RCFA-kampioenskap by die Emerald Casino-arena in Vanderbijlpark te stuur.

Dié geleentheid bied die enigste pad vir Namibiërs wat daarna streef om vir die Ope Wêreldkampioenskap te kwalifiseer wat vanaf 4 Augustus 2023 in Barnsley, Engeland, gehou word.

Maar RCFA Namibia het verskeie struikelblokke om te oorkom. Die president, sensei Ingo Oosthuizen, sê volgens die Namibiese Sportkommissie moet hulle by die Namibiese Skopboksfederasie (NKF) geaffilieer wees om nasionale kleure te kry.

“Ons was tevore by die NKF geaffilieer, maar hulle het ons nie ondersteun of gehelp nie. Hulle wou nie RCFA International, ons eie wêreldliggaam, aanvaar nie.

“Anita de Klerk het gesê ons moet by die World Association of Kickboxing Organizations (WAKO) geregistreer wees vir Olimpiese deelname en dat RCFA besig is om uit te sterf en nie in Namibië ’n plek gaan hê nie. Hoe bisar dit ook mag klink, die Sportkommissie aanvaar ook net vir WAKO.

“Mixed Martial Arts (MMA) Namibia sit met dieselfde dilemma as ons. Ek het die berigte in die koerante gelees. De Klerk bevorder net skopboks. Hoe kan die NKF ’n toernooi aanbied met ’n gewone bokskryt en verwag MMA-vegters moet daarin veg? Die Internasionale MMA-federasie het reëls en daarom het Carlos de Sousa sy vegters aan die kompetisie onttrek.

“De Klerk beweer haar seun was ’n paar jaar gelede ’n skopbokswêreldkampioen by die Battle of Atlanta. Ons het die bewyse van die VSA dat hy nie was nie. As sogenaamde ‘wêreldkampioen’ was hy toe as Namibië se junior sportman van die jaar aangewys en dus is ’n ander sportman moontlik van dié voorreg ontneem.

“Ons het die bewyse van De Klerk aangevra hoe haar seun wêreldkampioen geword het, maar ons het nooit ’n antwoord gekry nie. Ons het ’n skrywe van RCFAI aan die Sportkommissie gestuur om dit te ondersoek en niks het gebeur nie.

“Met die laaste Desert Storm-toernooi in Walvisbaai einde 2022 het haar seun as debuut ’n kontinentale MMA-titelgeveg gehad en dit was nie eens in die regte kryt volgens MMA-regulasies nie.

“Hoe is dit moontlik? WAKO het dit goedgekeur en ons het die vrae gevra, want dis dan nou die enigste liggaam waaraan Namibiese vegters moet behoort en die enigste toernooi waar Namibiese kleure verdien kan word. Die sogenaamde erkende liggaam (WAKO) laat die dinge toe? Hoekom laat die Sportkommissie dit toe?

“RCFA het vir die laaste paar jaar die Desert Storm-toernooi goedgekeur en al die beamptes is deur RCFA opgelei. RCFA-beamptes het vanaf Suid-Afrika gekom en die toernooi behartig. Laasjaar het WAKO die goedkeuring gegee en ons het die kompetisie as toeskouers gaan ondersteun. Ek kon die Vrydagaand gaan kyk, maar die Saterdag is ons toegang geweier.

“Ons het weer aan die Sportkommissie en die NKF gevra op grond van watter reëls mag ons nie as toeskouers die geleentheid bywoon nie? Veral nie as instrukteurs van ’n styl wat aan hulle moet behoort nie en steeds het ons nie hierop antwoord gekry nie. So, daar is baie ongerymdhede.”

PERSPEKTIEF UIT RSA

Shihan Gerhard Laubscher, president van RCFA Suid-Afrika, sê hul beheerstruktuur in Suid-Afrika en die res van die wêreld verskil van Namibië, waar ’n plaaslike én internasionale beheerliggaam op ’n gevegstyl soos die RCFA afgedwing word.

“In die RSA is RCFA by SASCOC asook Martial Arts South Africa en RCFAI geaffilieer. RCFA Internasionaal is ook in die RSA gesetel en etlike lande is deel van RCFAI. RCFA is ’n dissipline op sy eie en behoort geensins onder die NKF in Namibië te ressorteer nie.

“In Namibië word RCFA gedwing om by die NKF geaffilieer te wees, maar die NKF weet niks van ons dissiplines nie en bevorder dit geensins nie.

“RCFA het sy eie sillabus en gevegstyle met wapens wat volgens gordelvlakke gegradeer word en dit word nie deur die NKF gesteun nie. Die NKF het nie die kennis om RCFA te beheer of te bestuur nie.

“Die sogenaamde struktuur vir RCFA in Namibië moet verander word met die Sportkommissie as topliggaam. Elke gevegstyl moet ’n plek in die son gegun word om sy sport te beoefen, asook sy organisasie en administrasie te behartig. Maak nie saak of dit MMA, karate of skopboks is nie. Elke atleet het die reg om sy of haar dissipline deur die regte organisasie te beoefen en nasionale kleure te verdien.

“Nou moet RCFA by WAKO registreer wat hul eie reëls en regulasie het en dit staan ons nie aan nie, want dan moet ons volgens WAKO se reëls veg.

“Elke atleet wil met trots hul land se nasionale kleure dra en verteenwoordig. Elke mens het die reg om hul sport onder die vaandel van ’n organisie te beoefen en hul volle potensiaal te bereik. Dis hoe dit wêreldwyd werk, maar blykbaar nie in Namibië nie.

“Die belangrikste vir RCFAI is om die beste geleenthede vir sy student te bied en nie voorgeskryf te word aan wie en wat hulle moet behoort om nasionale kleure te kry nie.”

[email protected]

Kommentaar

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 398.25/OZ UP +0.86% | Copper US$ 5.00/lb UP +3.17% | Zinc US$ 3 004.00/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 83.55/BBP DOWN -0.0027 | Platinum US$ 1 067.70/OZ UP +0.57% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 398.25/OZ UP +0.86% | Copper US$ 5.00/lb UP +3.17% | Zinc US$ 3 004.00/T UP 0.87% | Brent Crude Oil US$ 83.55/BBP DOWN -0.0027 | Platinum US$ 1 067.70/OZ UP +0.57%