André Visser (regs) as wenner van die stablefordkompetisie, saam met die borg Sunita Cables se verteenwoordiger Gavin van Wyk. Foto verskaf
André Visser (regs) as wenner van die stablefordkompetisie, saam met die borg Sunita Cables se verteenwoordiger Gavin van Wyk. Foto verskaf

Putjiespel en stableford by Buiteklub

Gholf
Die Windhoek Buiteklub het Saterdag die eindronde van die Sunita Cables putjiespelreeks, asook die samelopende individuele stablefordkompetisie aangebied.

Die dag was geslaagd, met 41 deelnemende spelers.

Die kompetisie was die Buiteklub se laaste vir die jaar. Die 2023-kompetisieseisoen sal op 14 Januarie begin.

Die voorste uitslae van die individuele stableford was soos volg:

1 André Visser (42 punte)

2 Stefanus Nel (40)

3 Willem Triegaardt (39)

4 Devin van Rooyen (38)

5 Gustav Jung (37, uittel)

6 Bertus Damon (37)

7 Chantel Visser (37)

Sunita Cables putjiespelfinaal: Bertus Damon klop Natasja Louw (een voor).

Dubbelspel putjiespelfinaal: Jolene van Schoor en Jane O’Sullivan klop Monty Rukoro en Moyo Dignity (een voor).

Pryse is ook met houe naaste aan die pen gewen deur Monty Rukoro (putjie 3), Samuel Nel (putjie 9), Stefanus Nel (putjie 13), Paul Adkins (putjie 17).

Kommentaar

Republikein 2023-02-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer