Pumas druk 7 drieë teen Griffons
Rugby
Die Pumas se flank Francois Kleinhans het Woensdag ’n driekuns aan drieë gedruk in sy span se oorwinning oor die Griffons in ’n oefenwedstryd in Mbombela.
Die tuisspan het sewe drieë gedruk om oortuigend met 47-17 te wen. Met die rustyd was die telling 21-10 in die Pumas se guns.
Kleinhans (32) is ’n boorling van Durban wat sedert 2017 by die Laevelders gekontrakteer is.
Die Pumas speel volgende week twee oefenwedstryde (Woensdag en Saterdag) teen Namibië se Welwitschias in Windhoek.
Die span van Mpumalanga begin die verdediging van hul Curriebeker-titel op 12 Maart teen die Bulle in Pretoria.
Die Griffons se eerste Curriebeker-wedstryd is op 11 Maart teen die Haaie in Durban.
Puntemakers:
Pumas 47 (21): Drieë: Francois Kleinhans (3), Deon Slabbert, Jaco Nell, Orateng Koikanyang, Etienne Taljaard. Doelskoppe: Brandon Thomson (3), Gene Willemse (3).
Griffons 17 (10): Drieë: Ethan Williams, Soso Xakalashe. Doelskoppe: Donovan Don (2). Strafdoel: Don.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie