PstBet ondersteun Western Suburbs
Rugby
Die sportwedders PstBet het Dinsdag ’n borgskap vir N$100 000, asook speeltruie en broeke, aan FNB Western Suburbs-rugbyklub vir die 2022-rugbyseisoen aangekondig.
Mnr. Steve Hamunyela, stigter en uitvoerende hoof van die Namibiese maatskappy PstBet, sê hulle is daartoe verbind om die plaaslike gemeenskap te ondersteun.
“Ons was gretig om betrokke te raak by hierdie borgskap ter waarde van N$100 000 in kontant en klerasie. Ek doen ’n beroep op julle om hierdie belegging te beskerm deur te alle tye professioneel op te tree en verantwoordelike korporatiewe bestuur te beoefen,” het hy gesê.
Hamunyela het uitgewys dat PstBet reeds by ander plaaslike sportkodes betrokke is, byvoorbeeld sokker, atletiek en boks.
“Ons ondersteun ook verskeie gemeenskappe sowel as maatskaplike jeugprojekte. Ons glo dat ons deur sport gemeenskappe bymekaar kan bring, ons atlete kan bystaan om hul talent ten volle te bereik, en die lewensbestaan van ons jeug in Namibië kan verbeter.”
Die maatskappy word sedert 2014 bedryf, met sowat 500 werknemers by 15 takke landwyd, en maak daarop aanspraak dat hy gemiddeld N$3 miljoen per maand aan wenners uitbetaal. ’n Belsentrum en aanlyn platform is deel van PstBet se dienste.
Mnr. Keith Allies, president van Western Suburbs-rugby, het Hamunyela bedank vir die borgskap.
“Met julle borgskap sal ons spanne in selfvertroue groei en dit sal ’n beduidende verskil maak, veral aan van ons jonger spelers wat nou by die klub begin. Hierdie borgskap word baie waardeer,” het hy gesê.
“Ons klub het sedert sy stigting 32 jaar gelede heelwat gegroei. Aangesien ons nou drie rugbyspanne in die veld stoot, gaan elke bietjie hulp ’n lang pad. Hierdie borgskap is ’n wonderlike samewerking vir alle betrokkenes en ons sien met vertroue uit na die toekoms.”
Volgens Allies kan die kontantborgskap aangewend word vir uitgawes wat met hul deelname in die NRU-ligas verband hou.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie