Proudfoot kom werk in WB-opbou
Rugby
Die amptelike aankondiging vandag van die genooide spelers vir Namibië se komende twee oefenkampe met die oog op die internasionale seisoen en die Wêreldbeker in September sal waarskynlik verskeie vrae beantwoord en die aanduidings van die keurders se denkrigting gee.
Allister Coetzee, die nasionale direkteur van rugby en hoofafrigter van Namibië se toetsspan sedert 2021, sal vandag ’n nuuskonferensie toespreek waarin hy ook verslag sal doen oor sy afrigterspan se reis verlede week na die noorde se dorpe en rugbyklubs.
Matt Proudfoot, een rugby se mees gerekende skrumghoeroes, het verlede week in die land aangekom en sal vir ’n tyd lank konsultasiewerk met die Namibiese span doen. Hy, Coetzee en Chrysander Botha het onder meer laas Saterdag die premierligawedstryd tussen FNB Grootfontein en FNB Unam bygewoon.
Proudfoot (51), wat vier toetse vir Skotland as stut gespeel het, was onder meer in Rassie Erasmus se breintrust vir die 2019 Wêreldbeker-triomf en het hierna ook onder Eddie Jones by Engeland gewerk. Tevore het hy ook lank by die Westelike Provinsie en Stormers bygedra.
Coetzee se twee oefenkampe word afsonderlik gereël, na gelang van die datums wanneer die professionele klubseisoene wêreldwyd eindig en sy Namibiese spelers dus beskikbaar word. Die eerste kamp begin op 26 Junie op Swakopmund, met die tweede meer voltallig vanaf 10 Julie in Windhoek.
By vandag se nuuskonferensie sal Coetzee ook sy opsomming voorlê van die Windhoek Draught Welwitschias se vertoning in die Mzansi-uitdaagreeks. Die regte balans tussen plaaslike spelers wat na die oefenkampe genooi word, en gekontrakteerde Namibiese spelers by unies in Suid-Afrika, Frankryk, die VSA en die res van die wêreld, is van deurslaggewende belang vir sukses by die Wêreldbeker en is dus ’n aspek waarin plaaslike waarnemers groot belangstelling het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie