Proteas vou op dag 1, maar Olivier glo daar’s nog hoop
Krieket
Die kolfblad waarop die eerste toets tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland beslis word, is ’n uitdagende een. Maar dis nie ’n kolfblad wat ’n eerstebeurt-kolftotaal van 95 lopies regverdig het nie, sê die Protea-naatbouler Duanne Olivier.
Suid-Afrika is met die rug teen die muur ná die eerste dag se spel op die Hagley-ovaal in Christchurch. Die kolflys het vir Suid-Afrika se laagste kolftotaal nóg in ’n toets in Nieu-Seeland verkrummel, waarna die tuisspan die uitskeityd op 116/3 bereik het.
Henry Nicholls, wat reeds twee lewens gegun is, kolf Vrydag op 37 voort, saam met die naguiltjie, Neil Wagner (2*). Wagner is óók ’n lewe gegun op ’n dag waarop die Proteas vier vangkanse verbrou het.
Dít, hul swak kolfwerk en die Kiwi-bouler Matt Henry se boulskof van 7/23, is die vernaamste redes vir die Proteas se benarde posisie.
“As ’n span was dit nie ons beste dag nie, maar môre is nog ’n dag en daar is nog baie krieket wat gespeel moet word,” sê Olivier, wat met syfers van 2/36 die Proteas se beste bouler was.
“Ons weet wat verkeerd geloop het en waar ons kan verbeter. Daar was tog ’n paar positiewe aspekte en as ons daarop kan fokus, en by ons sterkpunte hou, kan ons môre in ’n sterk posisie kom.”
Henry het Nieu-Seeland se derde beste toetsboulsyfers nóg behaal en was die groot rede waarom Suid-Afrika vir sy laagste telling tot dusver teen die Kiwi’s uitgeknikker is. Die debutant Sarel Erwee (10), Aiden Markram (15), Zubayr Hamza (25) en Kyle Verreyne (18) was die enigste kolwers wat dubbelsyfers behaal het.
“Hy het die bal geswaai, die bal laat terugswaai na die kolwers se lywe deur die naat dwars te hou en die kolwers gedwing om te speel. Hy het goed geboul. As ’n bouleenheid kan ons daaruit leer,” sê Olivier oor Henry.
“Ons was dalk nie op ons beste nie. ’n Paar vangkanse is verbrou, wat ’n verskil kon maak. Daar is nog sewe paaltjies staande . . . ons moet net op die basiese dinge fokus en dinge eenvoudig hou.
“Dit gaan oor karakter, dis die Suid-Afrikaanse manier. Dit gaan oor hoe ons môre terugveg. As ons in die eerste uur aangeskakel is, is ons terug in die wedstryd.
“Ons is agter in die wedstryd, ons het net 95 aangeteken. As ons hulle vir 180 kan uitboul . . . krieket is ’n vreemde spel, as ons hulle kan uitboul, is daar altyd ’n kans.” –Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie