Die Namibiese skietspan was van links Kevin Fick, Dirk Sauber, Janus van der Merwe, Keiran Mans en Liebies Liebenberg. Foto verskaf
Die Namibiese skietspan was van links Kevin Fick, Dirk Sauber, Janus van der Merwe, Keiran Mans en Liebies Liebenberg. Foto verskaf

Presisieskuts presteer in wêrelddebuut

Skietsport
Die akkurate korrelwerk van die Namibiese skietspan het hulle onder die voorstes in die sport gevestig.
Andrew Poolman
Die Namibiese Praktiese Presisieskietvereniging (NPPSA) was bevoorreg om vir die eerste keer sy beste skuts na die 2022 Wêreldkampioenskap te stuur wat verlede week in Bitche, Frankryk, aangebied is.

Altesame 244 mededingers uit 26 lande het dié spoggeleentheid van die Internasionale Presisiegeweerskietvereniging bygewoon.

Die Namibiese Sportkommissie het nasionale kleure aan Dirk Sauber, Keiran Mans, Jan (Janus) van der Merwe en Johannes (Liebies) Liebenberg toegeken. Kevin Fick het as individuele inskrywing aangesluit.

Al vyf skuts het aan die ope klas deelgeneem en in die top-62 geëindig, terwyl Namibië as ’n span die sewende plek behaal het.

Dirk Sauber het in die algehele sewende posisie as individu uitgeblink met 145 trefskote (91.77%). Jan van der Merwe was 35ste (119 trefskote, 75.32%).

Presisiegeweerskiet kan beskryf word as geweerskiet (oorhaalaksie) vanaf veelvuldige (tot 10 verskillende) skietposisies met ’n hoë rondtetelling (8-12 skote) binne ’n beperkte tyd (90-120 sekondes) na staalplaatteikens op afstande wat wissel van 250 tot 1200 meter.

Die verrigtinge het registrasie en instel van gewere op dag 1 en 2 ingesluit. Dae 3 en 5 was geoormerk vir die militêre, senior, beperkte en ander kompetisieklasse. Op dae 4 en 6 is die Ope klas beslis en ten slotte is dag 7 gereserveer vir die prysuitdeling en afsluitingseremonie.

Die twee kompetisiedae se totale aantal teikens vir punte was 174, maar uiteindelik word die individuele wenner se telling (in dié geval 158) as die 100%-telling gereken waarvolgens die res van die deelnemers persentasiegewys gegradeer word. Hierdie puntestelsel bring ewewig om gunstige of ongunstige toestande met mekaar te kan vergelyk.

Dag 1 het goed begin vir die meeste Namibiërs, behalwe vir Johannes “Liebies” Liebenberg wat ’n tegniese probleem in sy heel eerste skietskof beleef het. Dis egter gou opgelos en van daar af was dit terug na normaal.

Ná dag 1 was Namibië sesde (een posisie agter Suid-Afrika), met Dirk Sauber individueel agtste en die res van die span almal binne die top-50 van die ope klas.

Daar was genoeg rede vir feesviering ná ’n lang dag in die son (07:00 tot 19:30 teen 30°C) en ’n “erg gedehidreerde” span het ’n ontspanne aand en ’n welverdiende ruskans geniet.

Die tweede skietdag het soortgelyke winderige warm weer gebring. Die voorspellings van winde teen 18 km/h en rukwinde tot 45 km/h is bewaarheid, wat vir uiters moeilike skiettoestande gesorg het. Toe die stof die aand gaan lê, het die Namibiërs gedoen wat hulle gekom het om te doen – met hul sewende plek op die finale puntestand het die Namibiese span die respek van hul mededingers verwerf.

Die VSA (telling 392.6) het die spankompetisie oorheers, met Swede tweede (353.8), gevolg deur Noorweë (333.54), Denemarke (321.52), Suid-Afrika (319.62), Brittanje (313.29) en Namibië (308.86).

“Die topvyf individue is almal Amerikaanse professionele skuts wat danksy groot borgskappe duisende skote meer per jaar as ons skiet.

“As ’n span kon ons nie vir beter steun van die huis af gevra het wat op die vereniging se sosiale media gedeel is terwyl ons die regstreekse puntetelling gevolg het nie! Die belangstelling en motivering was ongelooflik!” sê die groep.

“Die karakter, vernuf, sportmangees en ambassadeurseienskappe van die Namibiese mededingers is met trots ten toon gestel, wat uiteindelik net op groter blootstelling vir ons pragtige land kan uitloop. Dit is ook aangekondig dat die volgende Wêreldkampioenskap in 2024 in Suid-Afrika gehou sal word. Pasop wêreld, die Namibiërs sal daar wees!”

Die toergroep bedank graag hul borge sonder wie die deelname in Frankryk nie moontlik sou gewees het nie: JM Recovery Services, Namib Roos Transport, Hollard Namibia, WCE, Generic Electronic Solutions, Gerrit Esterhuyse, A. Rosenthal, Agra (Safari Den), Benchmark Retirement Fund en Auas Motors.”

NOU VORENTOE

Diegene wat belangstel om by die PRS-sport in Namibië aan te sluit, word verwelkom met ’n verbintenis tot ’n inklusiewe benadering tot ontwikkeling. Verskillende klasse word vir ’n verskeidenheid vaardigheidsvlakke toelaat om teen hul eweknieë mee te ding en progressief te verbeter namate ’n mens se vaardighede en selfvertroue verbeter.

Die struktuur van die klasse, vermoedelik uniek aan NPPSA, is verdeel in Elite, Ope, Takties, Vroue en Juniors sowel as wat ’n “Informele” klas genoem word.

Laasgenoemde klas laat nuwe skuts toe om aan te sluit en “die gevoel” te kry deur blootgestel te word aan die groter staalteikens, gewoonlik die helfte van die rondtetelling, minder vereiste posisies, asook “afrigting” tydens hul deelname. In dié klas word dikwels hewig meegeding, maar die truuk is dat as jy een kompetisie in hierdie klas wen, word jy outomaties na die Ope klas bevorder.

Volg gerus PRS Namibia op Facebook en Instagram om by hul geskeduleerde kompetisies of pretsessies aan te sluit. “Verdere opwindende nuus is dat Suid-Afrika se organiseerders ons versoek het om te oorweeg om hulle vanaf volgende jaar in ons kalender in te sluit.”

Kontak gerus vir Dirk Sauber ([email protected]) indien jy aan presisiegeweerskietsport in Namibië wil deelneem. ’n Pretskiet word op 24 September naby Windhoek gereël om nuwelinge aan die sport bekend te stel. Besonderhede sal binnekort gekommunikeer word.

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%