Pine help Toetie by Namibië
Rugby
Die Bulle se hulpafrigter, Pine Pienaar, gaan Namibië in hul Wêreldbeker (WB)-veldtog bystaan.
Die oud-Bulle-afrigter, wat tans die verdediging vir Jake White se span behartig, se kontrak by die Ligbloues is nie hernu nie.
Pienaar het verlede week bevestig hy gaan Allister Coetzee, die Biltongboere se breier, probeer help om die buurland se eerste WB-sege nóg te behaal.
“My rol by Namibië is as hulpafrigter met die oog op verdediging. Ek sien ongelooflik daarna uit. Om Wêreldbeker toe te kan gaan, is vir enige speler of afrigter ’n droom,” sê hy.
“Dis ’n ongelooflike uitdaging, veral met die groep wat ons het en die afdeling waarin ons onsself bevind – wat Frankryk, Nieu-Seeland en Uruguay insluit. Die spelers was wonderlik en dis ’n ongelooflike groep spelers.
“Allister Coetzee is ’n ongelooflike mens. Ek geniet dit ook om saam met Chrysander Botha en Barend Pieterse te werk.”
Pienaar het bevestig dat hy nog nie ’n ander rol aanvaar het as die een by Namibië nie.
“Wat die toekoms betref, het ek tans nie iets nie, en ’n mens moet miskien op jou senuwees raak.
“Vir nou wil ek op ’n hoë noot by die Bulle klaarmaak. Ek hoop en vertrou iets sal in plek val.”
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie