Parker (17) klop seniors in Windhoek Ope
Gholf
Die 17-jarige Todd Parker se oorwinning in die afgelope naweek se Windhoek Ope gholftoernooi, geborg deur Ongos Valley, is ’n uiters seldsame geval waar ’n junior speler as wenner van ’n erkende senior van die Namibiese Amateur Gholfunie (Nagu) wegstap.
Parker se deurbraak in die tweedaagse toernooi by die Windhoek Buiteklub se baan is met netto rondes van 76, 71 en 74 behaal. Sy beste ronde was dus 69 houe, gegewe dat sy huidige voorgee-indeks 2.1 is.
Parker (Omeya-gholfklub), wat vyf jaar gelede begin gholf speel het, se vordering maak waarnemers baie opgewonde oor sy vooruitsigte.
Hy het Maart vanjaar ook aan die Afrika junior kampioenskap in Egipte deelgeneem en in Augustus op uitnodiging aan ’n junior gholfkliniek in Skotland.
Die Windhoek Ope, wat in 2020 en 2021 nie aangebied kon word nie, het Saterdag en Sondag in bewolkte weer plaasgevind voordat reën uiteindelik ná afloop van die spel begin uitsak het.
Altesame 73 spelers het ingeskryf, met spelers in die A- en B-afdelings wat 36 en 18 putjies (totaal 54) oor die twee dae sou speel. Spelers van Walvisbaai, Swakopmund, Tsumeb, Grootfontein, Oranjemund, Oshakati, Mariental, Omeya en Windhoek Buiteklub het om die gesogte titel kom meeding.
Mnr. Abed Erastus het namens Ongos Valley waardering uitgespreek vir die spelers van oraloor die land en het bevestig dat Ongos in 2023 weer die Windhoek Ope sal borg. Maaltye en verversings op die baan was deel van die ruim borgskap.
Die voorste uitslae was soos volg:
Algeheel beste bruto (algehele wenner): 1 Todd Parker (221), 2 Stefanus Bonifatius (223).
Algeheel beste netto: 1 Walter Heibeb (213, uittel), 2 Paulus Shimoshili (213).
A-afdeling beste bruto: 1 Neil Theron (224), 2 Elias Mulombwelwa (227).
A-afdeling beste netto: 1 Michael Hoeseb (214), 2 Kevin Wentzel (215).
B-afdeling, beste bruto: 1 Gelson Gideon (248), 2 Toady Gurirab (262).
B-afdeling, beste netto: 1 Helmut Ndjendja (220), 2 Sakeus Matheus (230).
Junior beste bruto: Jordan Wentzel (209). Junior beste netto: Quade Beukes (115).
Vroue stableford: 1 Justine Shikulo (71), 2 Natasja Louw (65).
• Parker het die vorige naweek die Omeya Junior Ope titel ingepalm, met 149 houe (69 en 80) teen Kyle Johson (Walvisbaai) se 157 en Charlie Lohmann (Omeya, 158).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie