Pak die Duiwels by die horings

Henriette Lamprecht
Die skote begin klap Saterdag in Dubai tussen die laaste vier rugbynasies wat nog ’n kans staan om vir die 2027 Wêreldbekertoernooi in Australië te kwalifiseer. Saterdag, op wedstryddag 1, sal die volslae gunsteling Samoa en Brasilië om 15:00 (Namibiese tyd) mekaar die stryd aansê. Hierna (afskoptyd 17:30) word die Namibiese span teen België se Diables Noirs/Zwarte Duivels opgeweeg. België kompeteer sedert 2023 in die tweede vlak van Rugby Europa se kampioenskappe en het nog nooit aan die Wêreldbekertoernooi deelgeneem nie. Dit sal Saterdag ook die eerste keer wees dat hulle en Namibië mekaar op die rugbyveld sal pak.

By die kapteins se fotosessie staan van links Theo McFarland (flank van Samoa), Lorenzo Massari (senter van Brasilië), Louis van der Westhuizen (haker van Namibië) en Jean-Maurice Decubber (flank van België). Lees meer in Sport Wrap. Foto’s Wêreldrugby

Kommentaar

Republikein 2025-11-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer