Ospreys skors twee spelers oor omstrede video
Rugby
Die Ospreys, ’n Walliese klub wat in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) speel, het twee spelers geskors nadat ’n video aanlyn verskyn het waarin hulle ’n hawelose persoon verneder.
In dié video, wat op die skrumskakel Matthew Aubrey se Snapchat-rekening verskyn het, kan gesien word hoe die senter Callum Carson ’n persoon wat op straat in Cardiff se middestad lê en slaap, nader.
Carson gaan lê agter die persoon, sit sy arm om hom en stamp sy onderlyf met heupbewegings teen hom.
“Die gedrag in die video is heeltemal onaanvaarbaar en word nie deur enigeen wat met die Ospreys vereenselwig word onderskryf nie,” sê die klub in ’n verklaring.
“Albei spelers is onmiddellik geskors totdat ons die saak deeglik ondersoek het.
“Die Ospreys het die hawelose persoon om verskoning gevra en beklemtoon dat hierdie optrede op geen manier ons waardes verteenwoordig nie.”
Aubrey het as junior vir Wallis se o.18-span gespeel en was al byna 50 keer vir die Ospreys in aksie.
Die 22-jarige Carson het al Wallis se o.20-span sowel as Wallis se sewesspan verteenwoordig.
Die Ospreys se volgende VRK-wedstryd is op 25 Maart teen die Leeus op Ellispark. Hulle lê tans sewende op die VRK-puntelys.
– WalesOnline; Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie