Omeya se parespel-uitdunne afgehandel
Gholf
Omeya gholfklub het Saterdag die vierde rondte van die Windhoek Lager Internasionale Parespel aangebied. Dit was die klub se laaste kwalifiserende geleentheid om sy verteenwoordigers by die reeks se Namibiese finaal in Oktober te bepaal. Die wenspan van die dag, Milton Eiseb en Joseph Martin, het 49 punte behaal en was op uittel voor die tweede geplaaste Chris Claassen en Kyle Benade (49). Derde was Gert Lambert en Goi Lamprecht (48) en vierde George Lumley en Lydia Lumley met 44 (uittel). Die pryse vir die houe naaste aan die pen is ingepalm deur Juan Muller (putjie 4), Frikkie le Grange (putjie 7), Ernie Wessels (putjie 14) en Meliki Shoozi (putjie 17). Van links staan Frikkie le Grange, Milton Eiseb, Joseph Martin, Kyle Benade, Chris Claassen, Meliki Shoozi, Gert Lambert, Goi Lamprecht, Lydia Lumley, George Lumley, Anja Wessels en Ernie Wessels.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie