Oman skok Ierland in WB-uitdun
Krieket
Die finale kwalifiserende toernooi vir die 2023 Wêreldbeker-eendagtoernooi in Indië, is sedert Sondag in volle swang in Bulawayo, Zimbabwe.
Oman (285/5 in 48.1) het Ierland (281/7 in 50) se hoop Maandag met ’n vyfpaaltjie-oorwinning gesmoor.
George Dockrell op ses (91* van 89 b, 7x4, 2x6) en Harry Tector op vier (52 van 82 b, 5x4) teken meer as die helfte (143) van hul span se lopies aan.
Vir Oman het Kashyap Prajapati die beurt geopen met 72 van 74 b (6x4, 1x6). Zeeshan Maqsood op vier (59 van 67 b, 4x4, 1x6), Aqib Ilyas op drie (52 van 49 b, 8x4) asook Mohammad Nadeem op vyf (46* van 53 b, 4x4) het met die kolf gekook.
Bilal Khan (2/64 in10) en Fayyaz Butt (2/65 in 10, 2 leeg) het vir Oman deurbrake gemaak. Vir die Iere was Josh Little (2/47 in 10) en Mark Adair (2/47 in 9.1) die suksesvolste boulers.
Die Iere het 28 viere en 4 sesse geslaan, terwyl Oman 27x4 en 3x6 na die grens jaag.
SRI LANKA BOELIE EMIRATE
Sri Lanka was in ’n verwoestende bui (355/6 in 50) toe hy die Verenigde Arabiese Emirate (108 almal uit in 39) met 175 lopies verniel het.
Kusal Mendis op nommer drie (78 van 63 balle, 10x4), Sadeera Samarawickrama op vier (73 van 64 b, 9x4), aanvangskolwers Pathum Nissanka (57, 76 b, 5x4) en Dimuth Karunaratne (52 van 54 b, 7x4) het vyftigtalle vir Sri Lanka geslaan.
Die VAE se voorste lopiemakers was aanvangskolwer Muhammad Waseem (39 van 48 b, 5x4, 1x6), Vriitya Aravind op drie (39, 55 b, 3x4) en Ali Naseer op sewe (34 van 32 b, 3x4, 1x6).
Wanindu Hasaranga vat 6 paaltjies vir 24 lopies in 8 boulbeurte (1 leeg) vir die Lankan Leeus. Ali Naseer (1/44 in 10, 1 leeg) is die enigste bouler van die Emirate wat meer as een slagoffer kon bewerkstellig.
Sri Lanka met 39x4 en 2x6 teken 168 van sy lopies met grenshoue aan. Die gebrek aan grenshou deur die Emirate (16x4, 2x6) is ’n bewys van Sri Lanka se dodelike boulwerk.
ZIM VOL BELOFTE
Zimbabwe (291/2 in 44.1) het Nepal (290/8 in 50) Sondag in die eerste wedstryd van dié toernooi met agt paaltjies in die tweede beurt oorskadu.
Danksy onoorwonne en reusebydraes van die tuisspan se kaptein en aanvangskolwer, Craig Ervine (121* van 128 balle, 15x4, 1x6) en Sean Williams op vier (102* van 70 b, 13x4, 1x6) het hulle die wenteiken met 35 balle oor behaal. Veral Williams se vuurwarm kolfwerk teen 145.71 persent het die die wind uit Nepal se seile gehaal.
Aanvangskolwers Kushal Bhurtel (99 van 95 b, 13x4, 2x6) en Aasif Sheikh (66 van 100 b, 7x4) en Kushal Malla op drie (41 van 42 b, 2x4, 3x6) was Nepal se voorste lopiemakers.
Vir Zimbabwe het Richard Ngarava 4 paaltjies vir 43 lopies in 9 platgetrek (1 leeg) gevolg deur Wellington Masakadza (2/42 in 10), Tendai Chatara (1/59 in 7, 1 leeg) en Blessing Muzarabani (1/48 in 10).
Sompal Kami (1/30 in 5.3, 1 leeg) en Gulsan Jha (1/56 in 8) het vir Nepal die paaltjie van Joylord Gumbie (25) en Wessly Madhevere (32) geëis.
Zimbabwe teken 35x4 en 2x6 aan met Nepal 28x4 en 5x6 op die telkaart.
Zimbabwe se volgende wedstryd is Dinsdag teen Nederland, terwyl Nepal die VSA aandurf.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie