O.20-laaities word manne

Rugby
Die Namibiërs kry Sondag in die eindstryd teen Zimbabwe kans om hul oorheersing van die Afrika-kompetisie te hervat.
Andrew Poolman
’n Betekenisvolle toets vir die gesondheid van die plaaslike sport is geslaag toe Namibië se o.20-rugbyspan gister ’n spannende semifinaal teen Kenia oortuigend met 16-5 gewen het.

Die nasionale junior span sal Sondagmiddag teen Zimbabwe in die eindstryd van die Rugby Afrika Onder 20 Barthés-bekertoernooi opgeweeg word, nadat laasgenoemde gister die ander semifinaal teen Madagaskar met 32-3 beklink het.

Bloot gemeet aan die tekens wat laas naweek in die openingsronde gesien is, moes Kenia as titelhouer van 2019 en 2021 gister ’n sterk kans teen die Namibiërs gestaan het.

Die vasberadenheid van die Namibiërs om die meedoënlose vertoning te lewer waarmee die immer trotse Keniane tot oorgawe gedwing sou moes word, het egter die deurslag gegee.

In die proses het verskeie van die juniors hand opgesteek dat hulle waardig is om ook soos in Phil Davies se dae vanuit die o.20-groep hul eerste stelselmatige blootstelling in die senior internasionale arena te begin kry.

Die skrumskakel en kaptein Oela Blaauw het sy span rustyd met 6-0 laat voorloop deur met twee uit sy drie strafskoppogings pale toe te slaag.

Die vinniger lynspoed waarop afrigter Chrysander Botha aangedring het waarmee die verdedigers die Keniane agter die voordeellyn onder druk moes plaas, is met doeltreffende duikvatte uitgevoer. Die Keniane is van vroeg af ontsenu en ’n string ongedwonge foute het die tuisspan en tuisskare se gemoed algaande gedemp.

Vir ’n lang periode in die tweede helfte het Kenia op die Namibiese doellyn geboer en met mag en mening sy stormramme ingespan, maar die verdediging was ondeurdringbaar.

Buitesenter Niel Holtzhausen se opportunistiese onderskepdrie kort ná rustyd was ’n belangrike keerpunt en is opnuut en Blaauw verdoel, wat ook ’n strafdoel in die 68ste minuut bygevoeg het om die telling 16-0 te maak.

Kenia het wel die laaste drie gedruk met ’n puik stukkie teenaanval teen die regterkantlyn af, maar dit was te min en te laat om die Namibiese aanslag te keer.

Holtzhausen en sy sentermaat Patrick Karsten was uitstaande op aanval en verdediging, terwyl die lang en sterk agtsteman Riaan Grové ook ’n sleutelspeler is. Met heelagter Geraldo Beukes se taktiese skopvoet en besluitneming is hy besig om as ’n generaal te ontwikkel, en so kan ’n mens aangaan. Geeneen van die Namibiërs het sy aandele gister enige skade aangedoen nie, maar uiteindelik was die oorwinning ’n ware spanpoging.

In Sondag se finaal kry die Namibiërs die geleentheid om hul oorheersing van die kontinentale kompetisie te hervat – net soos hulle van 2013 tot 2018 onafgebroke gedoen het. Kenia het die 2019-span in die finaal in Nairobi in die doodsnikke verras, terwyl die 2020-toernooi nie gespeel is nie en Kenia verlede jaar net-net teen Madaskar oorleef het toe Namibië weens die uitbreek van Covid-19 in sy spelersgroep net voor hul vertrek na Nairobi moes onttrek.

Kommentaar

Republikein 2024-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 401.35/OZ UP +0.99% | Copper US$ 4.98/lb UP +2.78% | Zinc US$ 3 012.50/T UP 1.16% | Brent Crude Oil US$ 83.64/BBP DOWN -0.0016 | Platinum US$ 1 067.50/OZ UP +0.55% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea | Tottenham Hotspur 0 vs 2 Manchester City LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada | Girona 0 vs 1 Villarreal | Real Madrid 5 vs 0 Deportivo Alaves | Osasuna 1 vs 1 Mallorca European Championships Qualifying: Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 11° | 31° Rundu: 11° | 30° Eenhana: 11° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 13° | 29° Otjiwarongo: 11° | 27° Omaruru: 11° | 30° Windhoek: 11° | 26° Gobabis: 12° | 27° Henties Bay: 19° | 35° Wind speed: 35km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:49, High tide: 12:03, Low Tide: 17:43, High tide: 00:16 Swakopmund: 20° | 26° Wind speed: 27km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:01, Low Tide: 17:41, High tide: 00:14 Walvis Bay: 23° | 33° Wind speed: 28km/h, Wind direction: E, Low tide: 05:47, High tide: 12:00, Low Tide: 17:41, High tide: 00:13 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 15° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 15° | 28° Lüderitz: 20° | 32° Ariamsvlei: 16° | 30° Oranjemund: 15° | 25° Luanda: 24° | 27° Gaborone: 16° | 30° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 13° | 22° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 12° | 27° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 11° | 26° Cape Town: 15° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 23° | 32° Lusaka: 14° | 27° Harare: 13° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.04 | EUR to NAD 19.77 | CNY to NAD 2.52 | USD to NAD 18.22 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.54 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1520 | USD to ZAR 18.23 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79509 Up +0.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1740.48 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13411.39 Down -0.07% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 401.35/OZ UP +0.99% | Copper US$ 4.98/lb UP +2.78% | Zinc US$ 3 012.50/T UP 1.16% | Brent Crude Oil US$ 83.64/BBP DOWN -0.0016 | Platinum US$ 1 067.50/OZ UP +0.55%