• Tuisblad
  • Sport
  • O.19’s tref Tanzanië met onspeelbare boulaanval

O.19’s tref Tanzanië met onspeelbare boulaanval

Krieket
Aanpassing by die omstandighede het gister bygedra om Namibië in die kwalifiserende wedloop te hou.
Tielman Van Lill
Die Namibiese juniors, die Walvis Bay Salt Eagles, het gister aanvanklik die wind erg van voor teen Tanzanië in Dar es Salaam gekry.

Maar danksy ’n omgekrapte boulvertoning het die Namibiese span by Dar Gymkhana-veld laaste gelag – of eerder, ’n sug van verligting geslaak in die kontinentale uitduntoernooi vir die o.19 Wêreldbeker.

Namibië (139 almal uit in 49.5 boulbeurte) het hul opponente vir net 33 in 19 boulbeurte uitgeboul – vir ’n oorwinning met 106 lopies.

Briljante boulwerk deur Jack Brassell (speler van die wedstryd met 3/6 in 5, twee leeg), Morris Kariata en PD Blignaut het die meeste skade aangerig.

Binne ses boulbeurte is Tanzanië op 7/6 en 27/7 laat steier. Die boulaanval was absoluut dodelik – in teenstelling met die opwarmwedstryd teen dieselfde gasheerspan toe toe ongedissiplineerde boulwerk die rede vir hul nederlaag was.

Die kaptein, Alexander Volschenk, het ná die wedstryd gesê: “Die kolfblad het baie moeilik gespeel en dit was nie maklik om lopies te kry nie. Maar ons het vasgebyt en die beste daarvan gemaak.

“Ons het die wedstrydplan gevolg en noukeurig uitgevoer. Die boulers het fantasties met goeie lyn en lengte geboul. Die ouens het geloof in mekaar en ondersteun mekaar.”

Dr. Rudie van Vuuren, president van Krieket Namibië, het gesê: “Die manne het uitstekend gespeel en die wedstrydplan gevolg. Ná laas Donderdag se verloorstryd teen Tanzanië het die span bymekaar gekom en dit het ’n ommeswaai bewerkstellig.”

In hul veldtog om vir die 2024 Wêreldbeker vir o.19’s in Sri Lanka te kwalifiseer, was dit ’n terugslag dat Sondag se openingswedstryd teen Uganda heeltemal uitgereën het en dat die ligapunte gedeel moes word.

Gister was Alexander Volschenk met 39 van 49 balle (1x4, 1x6) opnuut Namibië se voorste kolwer, ondersteun deur sy onderkaptein Gerhard Janse van Rensburg met 27 (55 b, 2x4). Namibië het net ses grenshoue geslaan (5x4, 1x6).

Vir Tanzanie het Shaik Basha die meeste skade aangerig (3 paaltjies vir 5 in 10 boulbeurte, 6 leeg). Hy het van Janse van Rensburg, JW Visagie en Hanro Badenhorst ontslae geraak.

Augustine Mwamele (2/18 in 5.5), Simba Mbaki (2/28 in 7) en Laksh Bakrania (1/21 in 10, 2 leeg) was dodelik ekonomies. Volschenk en PD Blignaut is uitgehardloop.

Die einste Bakrania was twee jaar gelede Namibië se doodsteek toe hy as 14-jarige draaibouler ses paaltjies ingeoes en eiehandig Namibië se veldtog verongeluk het.

BLITZKRIEG

Die naatboulers Kariata en Brassell het Tanzanië binne die eerste twee beurte op die agtervoet geplaas met beide aanvangskolwers uit vir nulletjies.

Kariata het Acrey Hugo met sy eerste aflewering been voor paaltjie betrap. Brassell het met sy eerste aflewering van die tweede boulbeurt vir Hamza Onai skoon geboul. Kariata slaan opnuut in die vierde toe ná puik veldwerk en ingooi om nommer drie Baraka Laiza se paatjies vir 7/3 te laat spat.

Karim Kiseto is sy volgende slagoffer (7/4) in die vyfde toe hy hom boul. Brassell volg met Basha (7/5) en Jafari Kilongosi (7/6) vir wie hy beide been voor paaltjie betrap.

PD Blignaut lok Bakrania uit sy kampie vir ’n gewaagde enkellopie om deur Badenhorst op 27/7 in die 16de uitgehardloop te word.

Blignaut slaan weer ná 18.1 toe met Johnson Nyambo wat deur Zacheo van Vuuren op 32/8 uitgevang word. Blignaut vat met sy volgende aflewering die paaltjie van Mbaki (32/9) gevang deur Ryan Moffett.

Janse van Rensburg laat sak die finale gordyn met Abdulazak Amiri se paaltjie, uitgevang deur paaltjiewagter JW Visagie.

Die vurige Brassell (3/6 in 5, 2 leeg), Blignaut (2/3 in 4, 3 leeg), Kariata (2/7 in 4, 1 leeg) en Janse van Rensburg (1/6 in 2) was feitlik onspeelbaar op ’n uiters giftige kolfblad.

VOLGENDE

Vandag is ’n rusdag, voor die Namibiërs die volgende twee dae teen Kenia en Sierra Leone te staan kom en Sondag teen Nigerië afsluit.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-05-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19% Sport results: Premier League: Manchester United 3 vs 2 Newcastle | Brighton 1 vs 2 Chelsea LaLiga: Real Sociedad 1 vs 0 Valencia | Almería 0 vs 2 Barcelona | Las Palmas 2 vs 2 Real Betis | Celta Vigo 2 vs 1 Athletic Club | Getafe 0 vs 3 Atletico Madrid | Sevilla 0 vs 1 Cadiz | Rayo Vallecano 2 vs 1 Granada SerieA: Fiorentina 2 vs 2 Napoli European Championships Qualifying: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City English Championship: Southampton 3 vs 1 West Bromwich Albion | Leeds United 4 vs 0 Norwich City Weather: Katima Mulilo: 10° | 31° Rundu: 10° | 30° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 13° | 31° Ruacana: 12° | 31° Tsumeb: 14° | 29° Otjiwarongo: 12° | 27° Omaruru: 13° | 30° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 13° | 27° Henties Bay: 19° | 33° Wind speed: 41km/h, Wind direction: NE, Low tide: 06:32, High tide: 12:50, Low Tide: 18:28, High tide: 00:56 Swakopmund: 20° | 23° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:48, Low Tide: 18:26, High tide: 00:54 Walvis Bay: 22° | 32° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SE, Low tide: 06:30, High tide: 12:47, Low Tide: 18:26, High tide: 00:53 Rehoboth: 12° | 27° Mariental: 16° | 29° Keetmanshoop: 17° | 29° Aranos: 16° | 29° Lüderitz: 19° | 35° Ariamsvlei: 16° | 31° Oranjemund: 14° | 31° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 13° | 27° Lubumbashi: 11° | 27° Mbabane: 11° | 23° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 24° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 19° | 26° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 20° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 15° | 24° Dar es Salaam: 24° | 32° Lusaka: 15° | 26° Harare: 12° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.01 | EUR to NAD 19.73 | CNY to NAD 2.51 | USD to NAD 18.15 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.3 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.55 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.35 | USD to AOA 847.42 | USD to BWP 13.49 | USD to EGP 46.86 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1467 | USD to ZAR 18.15 | USD to ZMW 25.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 79530.63 Up +0.03% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.58 Up +0.81% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13426.13 Up +0.11% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26142.84 Up +3.27% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9151.06 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 414.72/OZ UP +1.55% | Copper US$ 5.04/lb UP +4.12% | Zinc US$ 3 059.30/T UP 0.11% | Brent Crude Oil US$ 84.28/BBP UP +0.60% | Platinum US$ 1 084.88/OZ UP +2.19%