NWU en Ikeys in eindstryd
Varsity-beker
Die NWU-Arende en die Ikeys sal mekaar komende Maandag in die eindstryd van die Varsitybeker-rugbyreeks in die Fanie du Toit-stadion in Potchefstroom pak.
Dit volg nadat die Arende Maandagaand ’n taai halfeindstryd teen die Maties op hul tuisveld in Potchefstroom met 19-10 gewen het.
Vroeër die dag het die Ikeys die Shimlas in die ander halfeindstryd met 65-30 in Bloemfontein afgeslag.
Die Kapenaars het nege drieë gedruk en was rustyd reeds op 37-7 stewig in die saal.
Min mense sou voorspel dat die Ikeys só ver sou wen. Die wit en blou streeptruie het vir die grootste deel van vanjaar se studentereeks onder die radar beweeg.
Vooraf is ook verwag dat die Shimlas se agttal die Ikeys probleme sou besorg, maar dit het nie gebeur nie.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie