Nog twee pare deur na finaal

Gholf
Die Windhoek Buiteklub in samewerking met The STAG (Society of Tuesday and Thursday Afternoon Golfers) het die afgelope naweek met trots ’n kwalifiserende toernooi in die Windhoek Lager Inter­nasionale Parespel 2022 aangebied.

Altesame 26 pare was in aksie op ’n aangename vroeë lentedag, met die toptwee spanne wat tot die reeks se nasionale eindrondte later vanjaar deurgedring het.

Die topvyf spanne was:

1 Stefanus van der Merwe en Burger Bergh (50 punte)

2 Paul Adkins en Andrew Dodds (45, uittel)

3 Muis Burger en Jacobus Meuwesen (45)

4 Laban Malule en Olavi Hamu­tumwa (44)

5 Dewald Coetzee en Raymond van Zyl (43)Pryse vir houe naaste aan die pen is aan Heinco Schmidt (putjie 3), Daniel Nyaungwa (putjie 9), Eldred Koopman (putjie 13) en Stefanus van der Merwe (putjie 17) toegeken).

Kommentaar

Republikein 2025-09-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer